Home Improvement-ster vas oor verwurging

Zachary Ty Bryan (Foto: Eugene-polisie, Oregon in die VSA via AP)

Zachery Ty Bryan, bekend vir sy rol as die oudste seun op die 1990’s sitkom Home Improvement, is Vrydag in Oregon in die VSA in hegtenis geneem op klagtes van verwurging, aanranding met die doel om ernstig te beseer en dwarsboming van die gereg.

TMZ berig die voorval hou verband met sy meisie wat in ʼn nabygeleë woonstel gevind is.

Inwoners het die polisie ontbied ná ʼn aanranding by ʼn woonstelblok en Bryan het buite sy eenheid gesit toe beamptes by die toneel opdaag.

Die Associated Press berig die 39-jarige Bryan het glo die 27-jarige vrou aangerand, haar gewurg en haar selfoon gevat toe sy die noodnommer 911 wou skakel. Sy het mediese behandeling van die hand gewys.

Bryan is Saterdagoggend vroeg in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Nie net hier in ons land nie. Oor die ganse wêreld is misdaad erg.

KOM HERE JESUS, KOM GOU.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.