Hond red talle trougaste van selfmoordbomaanvaller

Boko Haram (argieffoto) Foto: scgnews.com

ʼn Hond het Sondagaand talle trougaste se lewens gered toe hy ʼn jong vroulike selfmoordbomaanvaller getakel het.

Die bomme wat aan haar lyf was, het ontplof net voor sy by die saal waar die seremonie gehou is kon instap. Die hond is tydens die ontploffing dood.

Die aanval het in Nigerië se noordoostelike staat Borno plaasgevind. Die tiener was by die Belbelo-gemeenskapsentrum in Jere. Dit kom ná twee ander selfmoordbomaanvalle vroeër Sondag deur die militante organisasie Boko Haram.

In die eerste voorval het twee manlike selfmoordbomaanvallers ʼn vulstasie in Maiduguri in Borno geteiken. Net die twee mans is in die voorval dood. Nog ʼn selfmoordbomaanvaller is dood toe hy die bomme aan sy liggaam laat ontplof het in Jere omstreeks dieselfde tyd as die eerste aanval.

Intussen het dit aan die lig gekom dat 18 meisies van 17 jaar en jonger verlede week deur Boko Haram in die Pulka-nedersetting ontvoer is. Daar is ʼn moontlikheid dat dié meisies as bruide vir die militante van Boko Haram sal dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.