ʼn Vrou is Woensdag na ʼn hospitaal gehaas nadat haar hond haar met ʼn mes gesteek het.
Verpleegsters by Platte Valley- mediese sentrum in Brighton, Colorado in die VSA wou aanvanklik nie Celinda Haynes glo toe sy gesê het haar hond het haar met ʼn mes gesteek nie. Hulle het vermoed Haynes was ʼn slagoffer van huishoudelike geweld en het die polisie ontbied, berig Fox31.
“Sy is liefdevol. Sy sal jou met haar goedhartigheid doodmaak,” het Haynes haar hond aan die polisie beskryf.
Haynes het gesê haar hond, Mia, is lank genoeg om by die kombuistoonbank uit te kom en het ʼn skerp mes met haar bek opgetel.
Haynes het van peuselhappies gebruik gemaak om Mia te oortuig om die mes te los, en Mia wou dit hê, maar nie ten koste van haar “nuwe speelding” nie. “Toe sy die lekkerny wou eet, het die mes my arm gesny.”
Zach Johnson van die polisie het ondersoek ingestel nadat personeellede by die hospitaal alarm gemaak het. “Toe ons hoor ʼn persoon is deur ʼn hond met ʼn mes gesteek, moes ek seker maak ek hoor reg,” het hy gesê.
“Uiteraard gaan ons nie Mia aankla nie, want sy is ʼn hond,” het Johnson geskerts.
Haynes is nie ernstig beseer nie en daar is nie enige senuwees wat beseer is nie.
Die polisie het gesê hulle het amptelik die saak as ʼn “verdagte voorval” aangeteken.
Eish ?
Enige nuus vandag?
Net in America!!
Daar is so min misdaad in Amerika dat sulke stories oor “misdaad” die nuus haal. In SA is so baie gevalle van mense wat misdaad pleeg dat die helfte nie eens die nuus haal nie.
Ja nee dat sulke onbenullige goed nuus maak.
Daar word gese hou messe buite die bereik van kinders..Heel duidelik moet daardie reel van toepassing wees vir troeteldiere ook?? :)
Bring na SA en teel met daardie hond dat hulle ons kan beskerm.
Agge nee hoe waar kan die storie wees. Dit klink regtig absurd
Kan die soort honde invoer na Suid Afrika?
Goeie een!! Hehehe
Die woef wou net speel, hy weet mosi wat is ‘n mes nie. Dt was vir hom ‘n speelding wat hy nie wou los nie Shame. Net bly hyt niks oorgekom self nie. #loveanimal!
Dis flippen snaaks!!
Nee , nou het ek alles gehoor !!!!
Hond wat mes steek ????
Nuuswaardig?
As jy ‘n dieremens is, sal die storie vir jou mooi wees. Kyk hoe liefdevol is die vrou met die hond tenspyte daarvan dat hy haar onbewustelik beseer het. Dis ‘n mooi storie want ek ken ‘n paar (gelukkig nie baie nie) mense wat daai stomme hond ‘n genadelose pakslae sou gegee het!!!!Die vrou wat gebuyt is, is beslis ‘n dieremens!!
Gebyt of gesteek?
Baie humoristiese storie. Ons het dit ook nodig! Aan die negatiewe mensies; die berig het nogal wye kommentaar uitgelok selfs van uself…