ʼn Hond wat alleen gelaat is in ʼn woonstel in Duitsland, is verantwoordelik vir ʼn brand wat in die woonstel uitgebreek het.
Die polisie in Lennestadt het gesê die hond het vermoedelik die gasstoof aangeskakel en die brand veroorsaak. Nooddienste meen die brand het ontstaan toe die hond sy voorpote op die knoppe gedruk en die gasstoof aangeskakel het. Kos wat op die gasstoof was, het begin brand.
Toe die bure die rook geruik het, het hulle die brandweer ontbied.
Niemand is beseer nie, maar die woonstel is nou onbewoonbaar en die skade beloop na verwagting meer as €10 000 (sowat R196 000). Die hond is ongedeerd.
Arme hond is seker dood van die honger en het begin krap agter kos en water aan. Sies vir die mense wat hom/haar alleen gelos het
Is Duitsland nog ingeperk?
Dalk was daai hond net erg gefrustreerd soos ons almal maar is?
Ek moet die artikel vir my Rekeningkunde onderwyser stuur. Hy wou my nie glo toe ek vir hom vertel dat my hond my huiswerk opgevreet het nie. As ‘n hond ‘n brand kan veroorsaak, dan kan ‘n hond jou huiswerk ook opeet. Ek is net dankbaar dat niemand in die voorval beseer is nie. Ek voel net jammer vir die mense wat nou met skade sit na die brand.