Honderde bekendes meen ‘die tyd is verby’

Charlize Theron (Foto: Facebook)

ʼn Groep van meer as 300 Hollywood-bekendes, onder wie Reese Witherspoon, Sarah Jessica Parker, Blake Lively en Charlize Theron, het pas ʼn splinternuwe veldtog teen seksuele misbruik en ongelykheid in die werkplek van stapel gestuur.

Die veldtog, Time’s Up, is deur dié groep vroue in die vermaakbedryf begin nadat die eerste aantygings van seksuele aanranding en misbruik teen die bekroonde Amerikaanse rolprentvervaardiger Harvey Weinstein (65) gemaak is.

Die groep het die missie vir dié veldtog, waarvoor skenkings wyd en syd instroom, in ʼn ope brief aan die New York Times uitgelê.

Die vroue het in dié brief gesê hulle het finaal besluit om die veldtog van stapel te stuur nadat hulle ʼn brief van die National Farmworker Women’s Alliance gekry het wat onder meer vertel hoe vroue wat in die landboubedryf werk ook dikwels die teiken van seksuele misbruik is. Volgens die ope brief het die groep besluit om die veldtog te begin wat beoog om “seksuele teistering op alle terreine en in verskeie lande hok te slaan”.

Die doel van Time’s Up is verder om geld in te samel om die slagoffers van seksuele teistering se regsonkoste te subsidieer. Meer as $14 miljoen (bykans R174 miljoen) is reeds vir die veldtog ingesamel. Volgens die groep het Oprah Winfrey, Shonda Rhimes, Reese Witherspoon, Jennifer Aniston, Meryl Streep, Steven Spielberg en Kate Capshawe groot bedrae uit hul uit sakke bygedra.

“Ons beoog om dié platform te gebruik om te baklei vir gelykheid vir vroue op alle tereine. Ons wil die slagoffers van seksuele teistering wêreldwyd ʼn stem gee en ons wil hê hulle moet weet dat diegene wat hulle teister, verantwoordbaar gehou kan word. Ons staan by alle vroue om te sê: Time’s Up [die tyd is verby] vir seksuele aanranding en -teistering en selfs ook marginalisering en ongelykheid in die werkplek,” het Witherspoon gesê.

Bekendes soos Emma Stone, Eva Longoria en Jessica Biel het aanhangers wêreldwyd aangemoedig om ook hul stem by die veldtog te voeg. Die aanvanklike mikpunt vir die insameling staan steeds op $15 miljoen, maar dié teiken sal volgens die groep binnekort behaal word. Volgens die bekendes sal “elke sent” daarvan gebruik word om gelykheid in die werkplek te verseker en om vroue by te staan wat “voorheen slagoffers was, maar met dié veldtog ʼn stem gekry het”.

“Kom ons maak ʼn Nuwejaarsvoorneme dié jaar om nie meer seksuele teistering en ongelykheid as normaal te aanvaar nie. Dis nié normaal nie,” het Biel gesê.

“Vroue se stryd om erken te word in ʼn werkplek wat deur mans gedomineer word, moet nou einde kry. Die tyd is op vir hierdie ondeurdringbare monopolie. Die tyd vir stilte is verby. Die tyd vir wag is verby. Die tyd toe ons diskriminasie en teistering aanvaar het, is heeltemal verby,” het die aktrise Natalie Portman laat hoor.

Volgens The New York Times beoog die veldtog ook om aan te dring op wetgewing wat verseker dat maatskappye gestraf en beboet word wanneer daar seksuele teistering of ongelykheid in hul werkplek is. Time’s Up beywer hom ook om maatskappye en individue af te raai om nié ooreenkomste met slagoffers aan te gaan wat hul verhoed om oor die teistering te praat nie.

Talle bekendes het sedert die aanvang van die veldtog aangedui dat hulle Sondag ter ondersteuning van die veldtog swart gaan aantrek tydens die jaarlikse Golden Globe-toekenningsgeleentheid wat by die Beverly Hilton-hotel in Kalifornië plaasvind.

Vir meer inligting oor die veldtog besoek Time’s Up se skarefinansieringsblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Rupert Ashford ·

O wonderlik. Moet ons hande klap vir hulle? Dit is mos eintlik wat hulle wil he – applous. Hulle sal enigiets doen en enigiemand uitverkoop vir ‘n bietjie publisiteit en sal anderpad kyk as mense van hulle eie groepie die grense van die wet of moraliteit oorskry soos hulle in die 2016 VSA Pres verkiesing gedoen het. As mens hierdie saak wil ondersteun is daar beter (Christelike?) organisasies om te ondersteun eerder as hierdie klompie…

marous ·

Hulle is natuurlik welkom om in die Nuwe SA te kom woon waaroor hulle so gegil het ….op ‘n plaas …sonder sekuriteit

Kabous ·

Die ANC regime en sy meelopers sal waarskynlik halleluja skree vir hierdie inisiatief. Hulle het mos elke jaar ook ‘n 16-dae veldtog teen geweld teen vroue en kinders. Maar laat die SA boeregemeenskap dit net waag om teen plaasmoorde te mobiliseer, dan kraak die regime dit af as ‘n rassistiese kampanje. Die ANC: meesters van dubbele standaarde!!

G ·

Hmm, en hoeveel van die wat ‘seksuele teistering’ skree daar is Hollywood, is nie dalk die eintlike skuldiges nie? Dis maklik om saam te speel tot iets nie meer na wense is nie, en dan te sê die ander party teister jou. Hoe ookal dit sy, ek hoop dat die ware slagoffers die hulp sal kry wat hul verdien, en dat ‘elke sent’ reg spandeer sal word.

Elizma ·

Fantasties! Die tyd van stil bly is verby. Ek ondersteun enige veldtog wat daarop gemik is om vrouens te beskerm teen seksuele misdaad.

hendrik ·

Nou moet daar ingesamel word vir hul regsgeding. Elkeen van hulle is baie ryker as die gesamentlike kostes. Dis eintlik n grap.

Eish ·

Ja, ons leef in n stukkende wêreld.
Tragies dat so ver gegaan moet word vir reg en geregtigheid.

Johan ·

Wie gee nou juis om wat oprah en charlize dink; doen en se?

gatiep ·

Praat jy Johan die klomp Hollywood mense is genoeg om n mens siek te maak.
Alles aan hulle is fake.

Valerie ·

Hollywood is sekere die vieslikste plek op aarde. Dis ‘n pornografiese en kindermolesteringsparadys, ens, en was nog altyd. Nog sakke en sakke sake gaan uitpeul. En nou dat die klomp boonop op “pot” is, sal dit nog erger gaan. California Hipster High ipv Rocky Mountain High. Wel, wat die klomp saai, sal hulle maai. For sure.

snoefie ·

as n vrou vir jare stilbly oor seksuele uitbuiting om n mode kontrak, n filmrol, goeie punte of werk te kry, moet sy maar aanhou swyg. die voorstel was gemaak. sy het willens en wetens meegedoen. sy was nie teen haar wil verkrag nie. die tyd om daaroor te kla, mag nie aanbreek nie. daar is n naam vir daardie tipe “uitbuiting” en dis nie uitbuiting as jy meegedoen het nie.

Eish ·

Mattheus 18: 7
” Weë die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblok kom, maar weë die mens deur wie die struikelblok kom.”

snoekie ·

Ek steun dit beslis, niemand weet altyd wat aangaan in die werkplek nie, veral met jong meisies wat begin werk. My dogter wat voor verlede jaar haar graad behaal het, het Januarie 2017 by n privaat maatskappy werk gekry. Alles het belowend gelyk, beloftes is gemaak van bevordering ens, totdat sy die attensies van die bestuurder (hy is getroud met n beelskone vrou en het n dogtertjie) ignoreer het. Sy het nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie, en het probeer om te maak asof sy niks agterkom nie, dit het hom net meer desperaat gemaak. Hy het dit later vir haar so ondraaglik gemaak dat sy bedank het. Al wat sy wou doen was om te werk en n inkomste te verdien. Ons het later uitgevind dat daar nog slagoffers voor haar was. So ja, daar is meriete in die veldtog.

Schalk van der Merwe ·

Dit is jammer. Wat was die CCMA uitslag? Die bestuurder is seker nou lekker in die moeilikheid?

LEM ·

Hollywood se ware motief was duidelik nooit om films te vervaardig nie maar om aanhangers van die “bekendes of kastige sterre” te beinvloed of te indoktrineer met ‘n bepaalde idoelogie.

Nel ·

Ek wonder hoeveel van genoemde aktrises wat nou so hard gil het gesoek wat hulle gekry het?

wow ·

@Rupert Ashford
So as ‘n organisasie christelik is – dan is hul noodwendig beter.
En wat het hierdie christelike organisasies hier in SA reggekry… – op dieselfde vlak wat hul sal kan?

Barend ·

Ek dink ook hulle sal baie beter doen om net ‘n slag aan hulle eie kuisheid aandag te gee.

LB ·

Ek het begrip vir beide kante se menings, aan die een kant die sg. “sterre” se gegil saam met die ANC destyds en die doodse stilte noudat ons land in duie stort en duisende hul lewens verloor maar dan was ek ook daar. ..Ek moes bontstaan om die vatterige getroude werkgewer te vermy, sy skuins vulgêre aanmerkings . Toe moes ek na ‘n paar jaar se diens toevallig verneem my manlike kollega wat dieselfde werk doen en wat 2 dae per week golf speel verdien amper dubbel soveel as ek omdat hy ‘n man is en ‘n gesin het!

Pieter ·

Die klomp superryk anties maak my naar. Wat van ‘n veldtog teen die diskriminasie teen wit mans, veral in SA.

Kobus ·

Ja asb kom begin in SA met ongelykhede in werksplekke, die sogenaamde eensydige BBEEE… stelsel. Dit dring sterk in teen gelyke mense regte!

Ina ·

Charlise…..soos my ouma sou seg……dis wanneer n krummel n brood geword het.

Therese van Schalkwyk ·

Dit is ‘n feit dat weerlose vroue in mindere posisies reeds eeue lank deur sommige lede van die manlike geslag seksueel en andersins uitgebuit word en hierdie ‘ontwaking’ is vir húlle onthalwe verblydend.
Dat dit uit Hollywood-geledere geloods word, is sowaar lagwekkend. Hierdie selfversekerde, aggressief-feministiese, immer toneelspelende groep kan beslis nie as weerloos beskryf word nie. Soos LB (hierbo) verwyder enige vrou met selfrespek haar onmiddellik uit ‘n ongemaklike situasie en maak alarm. “Masserings in hotelkamers” en krokodiltrane jare daarna oortuig net die heel naïefste onder ons.

sarel pretorius ·

ek stem plaas hulle na hulle kinders kyk en minder aandag soek

Mike Kaapstad ·

Hier in die Kaap moet die mans keer , die vrouens(sommiges) is baie voor op die wa………..

Tanja ·

Interessant om te sien, hoeveel mans dink dis twak. Dis ongelukkig waar dat hierdie goed gebeur. Ek wil verder gaan en sê verander sommer die wette dat nie die prostitute vervolg word nie maar die mans wat hul dienste gebruik.

Tess ·

Duidelik is nie een van julle slagoffers van seksuele teistering nie. Dis net soos boelie en omdat die persoon jou baas is moet jy maar ander werk soek want dit is net so subtiel en jy het geen bewyse nie. Gelukkig hou dit op as hy oud is.

Wilma ·

Ai mense dis als lee woorde dai beplanning. Hier in ons dorpie meld jy van moo ntlike misbruik van kids deur psigopaat en selfs welsyn kyk anderpad. Hu nou gemaak. Hul laat my lag

Annatjie Kruger ·

Kan hierdie stink ryk vrouens vir my vertel hoe hulle die geld by die arm vrouens in die middel van Afrika gaan kry EN dan die vrou oortuig om die man aan wie sy deur haar ouers verkoop is, aan te kla vir verkragting, teistering endiesmeer. Dit is duidelik weereens ‘n klomp ryk mense wat in hulle gemakstoele in hul ontwerperssitkamers sit en nonsens kwytraak. In elk geval het hulle nie ‘n probleem gehad met die teistering toe hulle ‘n hoofrol in ‘n fliek wou hê nie. Dit is waar die teistering gestaak moet word, reg aan die begin. Nie jare nadat dit plaasgevind het nie.

Rupert Ashford ·

Drink jy Bells, Annatjie? Skitterende kommentaar. By hierdie spul gaan dit eerder om gesien en gehoor te word as wat hulle regtig die probleme wil oplos. Dit is die volgende uitvloeisel van die feministiese beweging hierdie – hulle reken hulle kan nou in Hollywood die mag oorneem. Hulle stel nie belang in sg “equality” nie. Gelukkig is die hele Hollywood gepeupel stadig maar seker besig om in te plof as mens na die industrie se loketverdienste kyk in vergelyking met vorige jare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.