Honderde buffels verdrink in rivier

WAARSKUWING: Foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Na raming het tussen 400 en 500 buffels in die Choberivier verdrink. Foto: Serondela Lodge

Minstens 400 buffels het Dinsdagaand in die Choberivier in Namibië verdrink nadat hulle vermoedelik deur ʼn trop leeus gejaag en in hul paniek in die rivier ingehardloop het.

Romeo Muyunda, woordvoerder van die Namibiese departement van omgewingsake en toerisme, het aan Maroela Media gesê mense het vanoggend op die drywende karkasse van die buffels afgekom. Daar word geskat tussen 400 en 500 buffels is dood.

Die voorval het naby die Serondela Lodge gebeur op die Namibiese oewer van die Choberivier wat naby die Chobe Nasionale Park geleë is.

“Ons vermoed ʼn trop leeus het die buffels vanaf Botswana se kant gejaag en in hul paniek het die buffels probeer om die rivier oor te steek. Die sandbanke aan die Namibiese oewer van die rivier is baie hoog en die buffels sou nie daar kon uitkom nie. Die vermoede is dat hulle in hul paniek mekaar vertrap en toe verdrink het,” het Muyunda gesê.

Laura Erculei, bestuurder van die Serondela Lodge, het aan Maroela Media gesê hulle het vanoggend op dié tragiese toneel by die rivier afgekom. “Dit is baie sleg wat gebeur het. Ons het die owerhede in kennis gestel en hulle het na die toneel gekom.”

Na raming het tussen 400 en 500 buffels in die Choberivier verdrink. Foto: Serondela Lodge

Muyunda sê die owerhede in Namibië en Botswana is in kennis gestel en het verteenwoordigers na die toneel gestuur. Kenners op die toneel het bevestig die buffels het inderdaad verdrink.

Hy sê owerhede het die plaaslike gemeenskap in die gebied toestemming gegee om die karkasse van die buffels te verwyder en vir vleis te gebruik. Van die vleis sal ook aan organisasies en instansies gegee word wat dit kan gebruik. Die polisie monitor en help met die verwydering van die karkasse.

Volgens Muyunda is dit moeilik om onmiddellik te bepaal wat die langtermyn‑omgewingsimpak van dié voorval sal wees. “Dit is ʼn reusegetal buffels wat op een slag gevrek het, so die impak sal ingrypend wees. Dit is moontlik dat dit die uitreik van jagpermitte vir buffels in dié gebied kan beïnvloed, maar dit sal eers later bepaal kan word. Die gebied is welbekend vir sy groot buffelbevolking – daar is sowat 4 000 buffels in die gebied tussen Namibië en Botswana.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Essie ·

Dit is flink dink deur die vleis te gee vir plaaslike gebruik dit makeer niks so hoekom dit mors.

Maggie ·

Dit is so n hartseer storie, dat die pragtige sterk diere so moes doodgaan, ek is vol trane????

Al te Jammer ·

Dit is nou is groot jammerte, maar kan ook gesien word dat dit die natuur se manier is om n balans te handhaaf, maar dit bly sleg.

IK ·

‘Toestemming word gegee’ wys op wetstoepassing. By ons sou reg in eie hande geneem gewees het. Nou die dag is ‘n trok naby Vdbijlpark wat die pad verlaat het van sy vrag gestroop.

Jurie ·

Hoe groot was die trop leeus dan om al daai Buffels te kan jaag…. Ek kan verkeerd wees maar iets klink nie reg nie. Sekerlik moes die leeus een buffel gevang het en die res gelos het.

Karin ·

Sjoe,.kan.mens dit.glo? Baie.leeus,.baie.buffels, vleis nog nie “bederf”? Baie.mense wat.honger is!
Ek ruik.n groot.”rot”!
Is dit.nie.maar.Afrika.nie? Gerieflike take aways!

Nettie ·

Miskien het die trop leeus die buffels op loop gejaag, in hul haas om weg te kom. het hulle paniekbevange geraak en almal in die rivier in gehardloop, mekaar vertrap en toe versuip. Ongelukkig is daar maniere waarop Moeder Natuur getallebeheer toepas, en hierdie is maar seker een daarvan?

humor ·

Jurie ek sit met dieselfde gedagte. Enige iemand met kennis van die natuur sal die saak bevraagteken. Hierdie groot trop moes deur baie leeus omsingel gewees het. Dit is in die natuur net een buffel word gevang en dan is daar die wedywering om iets te vrete te kry. So skakel die natuur die swakstes uit en die sterkeres oorleef. Ek wil dit eerder sien as beplande mense werk.

Jan ·

Ja jys reg.as dit leeus was sou dit mis al in die verlede gereeld gebeur het.maar sid die eerste keer.kyk eetder na die. Eldwagtera vd area sid seker weer hulle wat met outomatiese wapens die diere afgemaai het

Robert ·

Toetsie die rot wat jy ruik is jou brein wat wan funksioneer. Gaan na ‘n plaas en sien hoe dat een bees die hele trop aan die hardloop laat kry net deur deur een groot skrik. Niemand weet of die buffels dalk senuweeagtig was en toe begin hardloop het nie. As hulle eers beweeg stop hulle nie maklik nie.

Nettie ·

Ai Jan, die oorsaak van dood is dan rééds vasgestel as versuiping – waar kom jy daaraan dat die buffels doodgeskiet is?

Robert, ek stem saam – die buffels is deur die leeus “letterlik op hol gejaag” – een of twee is dalk deur die leeus afgekeer en hulle het in die bondel ingehol, wat weer die hele trop reg in die rivier in laat hardloop het; waar daar soveel buffels op een slag was, dat hulle mekaar vertrap en toe versuip het toe hulle nie aan die anderkant, waar die hoë, sagte sandbanke was, kon uitkom nie.

Joan Strydom ·

Die natuur het sy manier en as mens al daar was stel jy jou voor hoe dit moet wees. So ver ek kan onthou is daar ’n hele paar vet krokodille in die daardie rivier. Aangrypend.

Jan ·

Nee dis nie leeus se werk die nie.as dit leeus was sou dit mos al baie in die verlese gebeur het want leeus is al daar vir honferde jare.nee sis die plaaslike bevolking en of veldwagters wat die buffels uitroei…dalk met militere wapens..

Denise ·

So n groot trop buffels vir leeus skrik hulle val altyd as n trop aan en dan is dit vir dood maak n leeu wat dan oorleef is baie gelukig!!!

HARTSEER ·

Ons was paar maande gelde in die KNP en wat vir my verstommend was is die feit dat 2 leeus ‘n kameelperd platgetrek het by ‘n watergat. Trop buffels (maklik 100 – 150 van hulle) het na die watergat beweeg en onmiddellik het hierdie 2 leeus padgevat en agter bosse gaan wegkruip. Die buffels het hul kort-kort verjaag vanaf die prooi as hul nader beweeg het. Eers toe die buffels pad gegee het, het die leeus verder kom vreet. Daarom ook my vraag – hoe groot was hierdie leeutrop as dit leeus was wat hul verjaar het? Bly hartseer gesig om te sien.

Jan ·

Lees my kommentaar bo hierdie was nie leeus se werknie miskien vergigtig

Karin ·

Ekt weet gaan “gorrel”, hul beweer leeu troppe bestaan uit 30 leeus, waarvan daar 3x troppe.is wat.”wei” onder die buffels!
Ek.kon geen.geskatte.getalle.vir.die buffels.kry.nie, maar.olifante is so.60 000, wat.daar.wei!
Daars n snaakse.ding hier.aan.die gang, tot.die Chinese berig hieroor!!!!!!
Is dit.die eerste.van baie rooftogte of Afrika.se.laaste wild????
Gaan dit.werklik.”ondersoek” word?????

Jan ·

Lees my kommentaar bo hierdie was nie leeus se werknie miskien vergigtig

Jan ·

Ek vermoed die chinese qas hier betrokke met plofstof of militere wapens.geen manier hoe bugfels so maklik kan verdrink nie hulle kan goed swem en sou terugswem na die ander wal waar hulle ingegaan het

Jan ·

Kyk op bbc news die berig is daar met foros van mense met 4 by 4 s wat die vleis wegry…dis chinese se werk hierdie mense…

Nico Swanepoel ·

Ons moet onthou n trop buffels kan op loop gejaag word deur n jagter met n gewees,n donderslag,soos beeste.En die voorste klomp weet nie wat die agterste klomp doen nie,so,om 400 verdrinkte buffels te hê is nie n ongewone verskynsel nie,en die owerhede moet vinnig werk,n enkele dooie dier in n rivier maak die water n erge giftige gevaar vir weke na die tyd,en 400 dooie buffels,!?.Ons sal graag wil lees hoe dié probleem opgelos is/gaan word.?.En géén krokodille nie,snaaks.?.

Jan ·

Nonsens nico buffels verdrink nie makik nie hulle kon stroomaf wel uitklim hier is miliyrtr wapens of plofstof gebruik het

Jan ·

Ek stem nie saam nie buffels kan goed swem en sou verdet stroomaf kon uitklim.hier is chinese met 4 by 4s betrolkke kyk op bbc news die fotos van die chinese met nuwe 4 by 4 wat regstaan om die vleis op te laai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.