Honderde grafte naby skool in Kanada ontdek

’n Nagwaak is vroeër die maand gehou ná die oorskot van 215 kinders in ongemerkte grafte in Brits-Kolombië ontdek is. (Foto: Cole Burston / AFP)

Honderde ongemerkte grafte is vandeesweek naby ’n voormalige Katolieke kosskool vir inheemse kinders in Saskatchewan in die weste van Kanada ontdek.

Internasionale media berig dat die oorskot glo hoofsaaklik aan kinders behoort.

Opgrawings om die perseel van die voormalige Marieval Indian Residential School het einde Mei begin nadat die oorskot van 215 leerders sowat ’n maand gelede by ’n ander voormalige Katolieke kosskool vir inheemse kinders in Kamloops, Brits-Columbië, ontdek is.

Luidens internasionale berigte het dié ontdekking skokgolwe deur Kanada gestuur en in samewerking met Kanadese owerhede tot opgrawings by verskeie voormalige kosskole vir inheemse kinders gelei.

Die Marieval-kosskool het leerders tussen 1899 en 1997 gehuisves voordat dit gesloop en met ’n dagskool vervang is.

Luidens berigte het sowat 150 000 inheemse kinders tot die laat 1990’s by soortgelyke kosskole tuisgegaan, waar hulle van hul gesinne, taal en kultuur geïsoleer is.

Talle leerders is glo fisiek, emosioneel en seksueel mishandel en volgens beriggewing het meer as 4 000 kinders in dié skole gesterf. ’n Kommissie van ondersoek het bevind dat Kanada “kulturele volksmoord” teen dié inheemse gemeenskappe gepleeg het.

Daar is sedertdien opnuut ’n beroep op die Pous en Katolieke Kerk gedoen om om verskoning te vra vir die mishandeling en geweld wat leerders by dié kosskole moes verduur, waartydens hulle “in die dominante kultuur ingedwing is”.

Perry Bellegarde, president van die Kanadese Vergadering van Eerste Nasies , sê die ontdekking is “absoluut tragies, maar nie verrassend nie”.

“Ek moedig alle Kanadese burgers aan om saam met Eerste Nasies gedurende hierdie ongelooflike emosionele tyd te staan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Saartjievandiebosveld ·

The more I get to know people…the more I love my dog.

Sandra ·

Sowaar, Saartjie, ek stem. As hulle kon praat, dan sou ek mense heeltemal uitgesny het, want dan sal my lewe volmaak wees.

Maggies ·

Hulle hoef nie eens te praat nie. Ek verstaan my hondekinders se gebare an gedrag beter as mense se woorde. Kan regtig sonder mense gedrag klaar kom.

RS ·

Wat sal verskoning vra nou help? Die dade is klaar gepleeg jare terug.

Elize ·

Ek wonder soms hoekom die katolieke kerk nog volgelinge het? Die afskuwelike dade teen die mensdom in elke liewe land!!

Bushy ·

Wonder hoe kan die pous nog sy gesig in die publiek wys na al die onlangse nuus.

Belinda ·

Ek dink hierdie katolieke mense het baie skeletons in hul closet… glad nie so holy soos mens dink nie.

Misky ·

Dis absoluut skokkend en klink soos ‘n opgemaakte fliek. Arme kinders….

marius ·

En dit het aangegaan tot in die laat negentigs ? Daar was niks gese of gedoen nie want hulle soen steeds die tannie met die hondjies op modder eiland se ring . Elke dag .

Andrew ·

Lees maar die geskiedenis oor die Kerk hervorming. Dan het ek dit al gesê, daar is geen vesoening tussen sekere kulture (wat op die stadium blyk om die res teen die westerse kultuur te wees). Ek vra, nooi die Israelis die Egiptenare weekliks vir ete? Selfde kan ek vra van die Britte en die Fraanse?

Rian ·

En dit in n sogenaamde eerste wêreld land. Geen wonder dit gaan so woes in SA nie.

Kobus ·

Die stelsel om die kinders van die first nations te “verwesters” is skandalig, maar die berigte moet ook in perspektief geplaas word. Die skole is bedryf vanaf die 1836’s. In die Kamloops geval vanaf ongeveer 1890 tot hier by 1970, met soveel as 500 kinders in die skool in die 1950’s. Die radar wat gebruik is, is bogronds getoets en het tekens van ongemerkte graftes of geraamtes aangedui. Die area sal moet opgegrawe word en die radar se bevinding bevestig word. Dit beteken nie grootskaalse moord nie. Veral TB, griep en masels pandemies het baie sterftes veroorsaak onder kinders, veral na die draai van die eeu. Ek is seker daar steek waarheid in van die bewerings oor swak toestande en verwaarlosing, maar daar kan nie beweer word dat na beraming 4000 kinders uit die 120 000 kinders wat deur die stelsel gegaan het oor meer as 150 jaar “ vermoor is nie. Elke kindersterfte bly tragies en die kerk en staat het skuld daaraan tot n mate.

Kobus ·

$3 biljoen is reeds goedgekeur, met almal wat in die skole was geregtig op tussen $10,000 tot $200,000, per persoon plus additionele fonds van $350 miljoen.

Bushy ·

Name them and shame them. Vervolg die oortreders wat moontlik nog leef soos die oorlogs musdadigers van die Tweede Wereld oorlog en onlangse seksuele oortreders vervolg was. Indien nie is daar dubbele standaarde. Selfs die wat reeds dood is moet genoem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.