Honderde hoenders met gholfstokke doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hoenderplaas in Kalifornië, Amerika het ʼn beloning van $5 000 (meer as R56 000) uitgeloof nadat meer as 900 van hulle hoenders met gholfstokke doodgeslaan is.

ABC7 Eyewitness News berig dat die voorval by die Foster Farms-hoenderplaas in Fresno County plaasgevind het. Volgens die maatskappy is 920 hoenders dood.

“Die oortreders het ‘n laakbare daad van dieremishandeling gepleeg. Dit blyk ʼn willekeurige daad van geweld te wees,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

Volgens die polisie is ʼn gedeelte van ʼn gholfstok op die toneel gevind. Die polisie het gesê hulle is hoopvol dat mense na vore sal kom met inligting om die skuldiges vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.