Honderde honde vrek in Oekraïense diereskuiling

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash / Margarita Kosior)

Meer as 300 honde is glo weens ʼn gebrek aan kos en water in hul hokke by ʼn diereskuiling in Oekraïne dood.

CBC News berig dat liefdadigheidswerkers weens die voortslepende oorlog in dié land vir langer as ʼn maand nie na die diereskuiling in Borodyanka in Kiëf kon terugkeer nie. Die diere was dus weke lank aan hul eie lot oorgelaat.

Die liefdadigheidsorganisasie UAnimals het aan CBS gesê die werkers kon eers op 1 April na die skuiling terugkeer, nadat Russiese soldate die gebied verlaat het.

“Teen dié tyd het 300 van die 485 diere al gevrek.”

Oleksandra Matviichuk, hoof van die sentrum vir burgerlike vryhede in Oekraïne, het ʼn ontstellende video op Twitter gedeel van die omstandighede by die skuiling wat werkers by hul terugkeer teëgekom het.

Die 27 sekonde lange video is deur ʼn liefdadigheidswerker geneem wat al huilend verduidelik wat op die toneel aangaan soos sy deur die diereskuiling stap.

Volgens UAnimals het vrywilligers die oorlewende honde kos gegee, terwyl 27 van dié diere in ʼn ernstig verswakte toestand na private klinieke vir behandeling geneem is.

Die organisasie het by inwoners gepleit om die ander honde in te neem en selfs ʼn beloning van $1 700 (meer as R24 000) uitgeloof aan iemand wat dié diere kan inneem. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

wim ·

Hoe weet jy dit was ‘n Russiese hond wat in beheer van die skuiling was. ‘n Oekraieniese hond is meer waarskynlik

Cathy ·

Hartverskeurend. Onmenslik. Ek kan dit nie in my brain verwerk kry nie. Ook nie hoekom dit toegelaat word om te gebeur nie.

Rudolph ·

Sammy die Yorkie, Violet, Spot, Lucky en Jack wie in my sorg is gaan nooit vrêk soos die arme honde in Oekraine nie. Hulle gaan wel eendag sterf / doodgaan / oorgaan maar vrêk, nee!

Carina ·

Ek sit en snik soos ek hier lees. Ek sou dit nie maak as ek dit moes aanskou nie. Ek kan my nie indink waardeur die arme honde moes gaan in daardie tyd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.