Honderde KFC’s gesluit weens hoendertekort

‘n KFC naby Ashford in Engeland. Foto: ANA via AP.

Verbruikers was Maandag uiters ontsteld toe sowat 900 KFC-wegneemetewinkels in die Verenigde Koninkryk (VK) en Ierland hul deure moes sluit weens ʼn tekort aan hoender. Die maatskappy het om verskoning gevra en die blaam op “groeipyne” met hul nuwe afleweringsmaatskappy, DHL, geplaas.

KFC het reeds Sondag om verskoning gevra. Teen Maandag was sowat 300 takke volgens hulle weer oop, maar dit is steeds onduidelik wanneer die ander 600 ook sal oopmaak.

Die takke wat wel oop is, het net ʼn beperkte spyskaart vir verkorte besigheidsure gebruik.

DHL, wat onlangs die KFC-kontrak by Bidvest Logistics oorgeneem het, het gesê “weens bedryfskwessies is ʼn aantal aflewerings in onlangse dae onvolledig of vertraag.”

Toe DHL in Oktober verlede jaar die kontrak teen die maatskappy QSL gewen het, het hulle beloof om die “grense te verskuif en ʼn nuwe maatstaf vir die aflewering van vars produkte vir KFC daar te stel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Daan Erasmus ·

Ons in Suid-Afrika is gewoond dat die grense geskuif word. Presies soos in dié geval, in die verkeerde rigting.

Nita ·

Ja née kyk. Ons het nou al by verskeie KFC’s ‘n ondervinding gehad. Of geen hoender of hulle vergeet om alles in die wegneem pakkie te sit.

Hoender ·

Whaaaaaaaaa o hel die Metropolisie en Polisie gaan woedend wees. Waar gaan hulle nou etenstye uithang met die ampsmotors?

Hewitt ·

Hulle gaan steeds by KFC uithang, aangesien die tekort in Brittanje is en nie in Suid-Afrika nie.

Bernard Hellberg ·

Bidvest Logistics is Suid-Afrikaans. Die Pommies se verdiende loon dat hulle sukkel?

E ·

Ja Bernard. Bidvest is ń Suid Afrikaanse maatskappy wat KFC daar voorsien het vanaf die ‘suppliers’.

Ek moet sê daar is nog baie maatskappye in ons land wat puik diens lewer.

Ons moet hierdie nuus sien as iets wat ons land ook in ń positiewe lig plaas en nie altyd negatief reageer of oorreageer sonder die feite nie.

URSULA ·

1x het oop gemaak in Doornpoort PTA
WAT N GEMORS Kos v/d vorige dag word die volgend dag verkoop (hard en taai)die tjips is koud en proe oud

Sarel swartbrand ·

Ek kan dit sekondeer wat n gaga plek ek dink die plek hoort in mogadiso of sirië.

Wessie ·

Nee wat niks snaaks niemand verwag mos dat droogte n uitwerking op alles het nie. Daar was voëlgriep en niemand het gedink aan alles wat dood is nie. Trap ons boere maar sien waar kom die kos vandaan.

Nettie ·

Ek sien baie MM lesers lees ….e…. ietwat selektief! DHL is die vervoermaatskappy wat die kontrak teen QSL in 2017 gewen het en het dit van Bidvest oorgeneem. EN …… die hoendertekort vir KFC is in BRITTANJE EN IERLAND, nie in SA nie. Vanwaar dan die kommentaar oor “vertrap die Boere” en “Metropolisie en Polisie gaan swaarkry sonder hul KFC” (of iets in dier voege) – en eet die meeste staatsamptenare nie maar Nando’s nie?

cor ·

O ho is SA volgende in die ry want Bidvest en DHL is hier ook teenwoordig. Die regerings amptenare, plaaslike rade en ander administrasie amptenare gaan seker nou Mphe die hoennor vooruit bespreek en met die kredietkaart vooruit betaal. Die gewone publiek sal dan moet wag tot Mhe die hoennor hulle deel gekry het, want n staats amptenaar kry voorkeur bo die gewone ou. Daarna kan kan die publiek met kfc krummels tevrede wees.

Kekeke ·

Sal net erger word .wat sal die mense worry ek het gekoop wat freezerburn op het groen vleis na n e mail aan hoofkantoor niks gehoor en toe maar besluit om my kentucky tande uit te trek.

dr Sakkie van der Merwe ·

Cyril sal sorg dat sy winkels genoeg hoenders het.

Johann ·

Shame julle! Om te dink hulle kan nie eers DE HUNNIRS in wees vir KFC da in die UK nie?

Alida ·

Ek verstaan sommige lesers nie. Wetstoepassers mag ook eet of is dit verbode.

Liezel ·

Dis nie net by hulle nie. Ek werk party dae laat en dan wil ons sommer KFC kry maar as ons daar aan kom het hulle nie hoender nie !!!!!!! Ons sal nie sommer gou weer hulle ondersteun nie.

anton ·

Ek kannie glo mense eet nog die hoender nie na alles wat mens lees oor dit en veral hier in S.A.
Dit is ook die mees ongesondste kits kos met die hoogste MSG’s in.
Geen wonder die dokters se spreekkamers is permanent vol nie want ons mense gee nie om en kyk nie na wat hulle alles eet nie.

Boet Fasie ·

Ek is nou so die hoenders in – verkoop hulle sommer aan KFC . Nee wat ek ondersteun lankal nie meer vir KFC nie , is deesdae ‘n gaga plek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.