Honderde seekoeie, krokodille in droë riviere vasgekeer

Argieffoto

Argieffoto

Die Namibiese regering oorweeg om honderde seekoeie en krokodille wat gestrand lê in opgedroogde riviere en mere beskikbaar te maak vir trofeejag, tensy hulle dringend hulp kan kry om die diere te skuif na gebiede met meer water.

Die mees onlangse statistiek van dié land se departement van omgewingsake en toerisme toon dat minstens 500 renosters en krokodille sonder heenkome gelaat is nadat selfs die modderpoele langs groot riviere in die Zambezi-gebied en die noorde van Namibië sedert einde Junie opgedroog het.

Romeo Muyunda, woordvoerder van die departement, het gesê die regering oorweeg ander moontlikhede soos om aanvullende boorgate te boor om water na die rivierstelsels te lei of om die seekoeie te vang en te verskuif.

Pohamba Penomwenyo Shifeta, minister van omgewingsake, het gesê nie een van die twee opsies is egter lewensvatbaar nie aangesien Namibië dit nie kan bekostig nie. “Die ministerie oorweeg dus om die diere as ‘problematies’ te verklaar en hulle vir trofeejag beskikbaar te stel,” het Shifeta aan The Namibian gesê.

Meer as 200 seekoeie en krokodille is in die Sibbinda-rivier gestrand wat deur die Bamunu-area na die noorde van die provinsiale hoofstad Katima Mulilo vloei. Al langs die Sampisi-rivier is meer as 100 seekoeie in waterpoele vasgevang nadat die rivier opgedroog het, terwyl minstens 200 seekoeie in die opgedroogde Chobe-rivier gestrand is.

Lawrence Sampofu, die Zambezi-streekgoewerneur, het gesê die diere in die droë Sampisi-rivier sal eerstens na die Zambezi-rivier verskuif moet word. “Dit is ʼn krisis en ʼn hartseer gesig om dié diere so gestrand te sien. Hulle moet nou gered word of hulle almal sal vrek. Die bietjie water in die kanaal waar hulle tans is, is vinnig besig om op te droog,” het Sampofu gesê.

Hy het gesê die diere word ook bedreig deur plaaslike inwoners wat hulle vir vleis doodmaak wanneer hulle in bewoonde gebiede inloop op soek na water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ronnie ·

En die dawerende stilte van die internasionale groenes is oorverdowend.
Sou gedink het teen die tyd sou hulle al in hulle duisende opgedaag het met hulp en finansiele bystand.

Cronje ·

Nee. Hulle wag tot die eerste skoot klap en dan is dit weer die barbaarse jagter wat “gejag” word op sosiale media. Maar moenie dink hulle sal bydra om te verhoed dat dit nie nodig is vir n skoot om te klap in die eerste plek nie…

Theresa B ·

Dis nie die arme diere se skuld dat dit droog is nie. Hoekom word daar altyd eerste na die maklikste (onmenslike) uitweg gekyk en nie eerste na alternatiewe om die diere te skuif nie. Daar gaan niks meer diere oor wees vir ons kleinkinders eendag nie. Niemand doen meer moeite om diere te help nie. Kry julle prioriteite reg en kry my om julle “van kant te maak” as julle vir ‘n ruk nie water by julle huise het nie!

Takkie Takuuza ·

Ag asseblief, jy weet nie wat aangaan om jou nie. Daar is drie keer meer wild in die land as 15 jaar gelede. Derduisende tonne wildsvleis word uitgevoer Europa toe. Jou kleinkinders sal baie wild sien, en as jy so sterk voel, sit jou “keybord” neer en loop help, hou net op sanik oor goed waarvan jy niks af weet nie. En as mens hulle los om te vrêk is seker meer “menslik” as om hulle te skiet. En as jy die berig lees, sal jy sien daar word na alternatiewe gekyk, dis nie altyd haalbaar nie.

peanut ·

ons land het nie olie nie, so die Amerikaners sal nie belangstel nie ;-(

Kens ·

Trofee? Watse eer is daaraan om n uitgeteerde dier te skiet wat in modder vassit?

M'Lady ·

Kry vir Walter Palmer. Dit sal n “field day” vir hom en sy “buddies” wees. Hoekom altyd eerste wil skiet? Dis omdat dit die maklikste uitweg is. Jag safaries moet nou hulle staal wys. Hulle dra mos kastig miljoene by tot natuurbewaring. Soos hier in Afrika aangegaan word sal daar eersdaags niks oor wees nie. Skande!!!

Ronell ·

NEE, wat van die MAK LEEU spektakel van Zimbabwe…! Kry die tandarts om a seekoei te skiet en laat hom dan lekker pose………… dan sit julle dit op SKY news en CNN en BBC ene enenenene!!!!!

Waarheid ·

problematies ? Kan dit nie met vroegtydige BEPLANNING dalk nie die ’99’ katestrofe voorkom het nie.

Olivia ·

Namibie het nog nooit omgegee nie, selfde rede hoekom hulle toelaat dat 10 000+ Pelsrob babas jaarliks doodgeslaan word vir hul pels en die bulle doodgemaak word vir hul geslagsdele. Die mense wat al jare lank petisiese teken weet hulle gee net om oor die geld. Ongelukkig is droogte wereldwyd, maar dis maar net nog geld vir hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.