Hongarye rig heining op teen vlugtelinge

hongaryeʼn Vier meter hoë heining word opgerig op die grens tussen Serwië en Hongarye.

Die 175km lange heining se doel is om onwettige immigrante se toegang tot Hongarye en ander lande van die Europese Unie te stop. Die Hongaarse regering het Sandor Pinter, minister van binnelandse sake, opdrag gegee om alle reëlings vir die oprig van die heining teen Woensdag te tref.

Ná ʼn kabinetsitting in Boedapest is die boodskap duidelik dat die regering alles sal doen om die inwoners van Hongarye te beskerm teen die onwettige immigrante en vlugtelinge wat die land graag as transitoland beskou. Die meeste immigrante kom uit Afrika en die Midde-Ooste. Daar is ook vlugtelinge tussen die stroom mense.

Hongarye is deel van die Schengen-state en Serwië wag nog op EU-lidmaatskap. In die begin van Julie 2015 sal groot samesprekings oor veral die vlugtelinge tussen die twee lande gehou word. In 2014 was daar meer as 43 000 onwettige immigrante in Hongarye. Dit is ʼn duidelike styging, want in 2012 was dit net 2 000. In 2015 word die getal reeds op 50 000 mense geskat.

Die heining word as simbool deur baie mense gesien, want dit was Hongarye wat in Augustus 1989 die grens tussen hom en Oostenryk geopen het. So kon honderde Oos-Duitsers na die Weste vlug. Dit was as voorbode vir die val van die Berlynse Muur gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Het heinings en mure al ooit mense gestop? Dis ‘n ietwat on gesofistikeerde standpunt om teen onwettige immigrante in te neem. Is ons terug in die tyd van die muur van Berlyn?

Cathy Kotze ·

Ek dink Suid-Afrikaners kan met Hongarye simpatiseer. Ander het ook ons grense oorstroom na 1994. Destyds het die ANC met opset ons grensheinings vir hulle “broers en susters in die res can Afrika” vernietig.

Selfs die “Suid-Afrika van onderdrukking” was altyd ‘n gunsteling toevlugsoord vir ander, maar die goed gefortiseerde heings het gehelp as keerwal.

Tans is daar ‘n konstante stroom van tienduisende onwettige immigrante en vlugtelinge na Europa. Nie almal is werklik vlugtelinge nie. Dis nie net ‘n menslike tragedie nie, maar ook ‘n voorspel tot onrus en geweld.

Wat staan die Europeërs te doen? Hulle kan tog nie die massas akkommodeer nie.

George ·

Wat tans in Europa aan die orde van die dag is, is jare gelede reeds deur Siener van Rensburg voorspel. Nog ‘n profesie wat in vervulling gaan …..

Johannes Comestor ·

Peet, soos Bart Nel kan ek se: “Ek is nog hy.” Die probleem is dat “ons” nie meer ons is nie.

Grassie ·

Hierdie muurbou-storie is vir ons niks nuuts nie. Hier bou ons mure met nog baie elektroniese toerusting by om onwettige plunderaars, rowers en moordenaar “immigrante” uit ons persele te probeer hou. Ons kan gerus vir Hongarye laat weet dat dit nie regtig help nie. As ‘n sprinkaanswerm eers aant trekke is keer niks dit nie.

Saartjie ·

I knew a man who lived in fear
it was huge, it was angry, it was drawing near
Behind his house, a secret place
was the shadow of the demon he could never face
He built a wall of steel and flame
and men with guns, to keep it tame
Then standing back, he made it plain
That the nightmare would never ever rise again
But the fear and the fire and the guns remain…

Leeutjie ·

Saartjie. Jou gedig het dit vir my gedoen vanmore. Is dit ‘n uittreksel? Skitterend!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.