Hongersnood eis vyf terwyl koning motors koop

Koning Mswati III vab eSwatini tydens ‘n besoek aan Suid-Afrika in 2017. (Foto: Yandisa Monakali/GCIS)

Vyf vroue het in eSwatini (Swaziland) van honger gesterf weens die voortslepende droogte wat dié land op sy knieë het.

Dit te midde van berigte dat die Swazi-koning, Mswati III, uitspattige motors ter waarde van honderde miljoene rande vir sy eie gebruik aangekoop het.

Volgens berigte is vyf bejaarde vroue in die Nsalitje-omgewing van die bergkoninkryk dood. Volgens Times of eSwatini het die vyf vroue alleen gewoon en staatgemaak op bure om vir hulle mieliemeel van Pongola op die Suid-Afrikaanse grens te bring. Mieliemeel is baie goedkoper in Suid-Afrika as in Swaziland.

Die vroue is glo dood nadat die bure nie genoeg mieliemeel kon saambring van Suid-Afrika nie. Die mieliemeel is glo op die grens gekonfiskeer omdat dit die maksimum hoeveelheid oorskry het wat die bure toegelaat is om oor die grens te bring.

eSwatini se koning Mswati III se voertuie van meer as R200 miljoen. (Foto: Twitter)

Een uit vyf mense wat in landelike gebiede in eSwatini woon ervaar erge voedseltekorte en benodig humanitêre hulp weens die droogte. Die situasie is selfs erger as verlede jaar omdat baie boere vanjaar besluit het om nie te plant nie, weens die vooruitsig van die droogte.

Maroela Media het vroeër berig dat koning Mswati onder erge kritiek deurgeloop het nadat hy homself en sy hele harem “geseën” het met Rolls Royce-motors ter waarde van meer as R200 miljoen. Die motors is glo nie met belastingbetalers se geld gekoop nie, maar gefinansier deur die koning se spesiale spaargeld.

Pudemo, die grootste opposisieparty in die land, sê ondanks die groot woede wat dié optrede veroorsaak het, het die koning verder sout in sy mense se wonde gevryf deur nóg 120 BMW’s en 30 motorfietse vir hom en sy familie se eksklusiewe gebruik aan te koop.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Canine ·

Het BMW nie verantwoordelikheid om verkope aan sulke leiers te weier nie?

Johanna ·

Hoe ongelooflik hartseer en tragies. God slaap nie. Is die Koning bewus hiervan?

Wie weet ·

Sekere van ons ministers is ook konings hier by ons want hulle kry ook als soos nkantla

Devil ·

Ek sweer voor een God dat ek in gewapende opstand sal kom as so iets in my land gebeur waar mense dood gaan van die honger maar die koning koop honderde miljoene rande se luukse motors. !!!

Kyk na Hong Kong, kyk na Iran, die mense het in opstand gekom en verandering gebring!

Waarom doen die mense van Swaziland niks nie?

Waneer gaan ons begin in opstand kom teen die huidige regering?

Joubert ·

Ons kan nou maar begin. Dit gaan nie beter raak nie. Hoe langer jy wag hoe armer (en siekliker) word almal. Mens moet pasop dat jou siel nie al gebreek is teen die tyd dat jy besluit jy wil dit doen nie. Kyk bv. na die blanke plakkerskampe…

Pieter ·

Broer ek het al baie op mm gese wanneer gaan ons blankes standpunt in neem wanneer gaan ons blankes wakker skrik kla gaan ons niks help nie die ANC lag vir ons dan bly almal stil

Piet ·

Waar is hulle Checkers, p&p, Makro ens. Die kos kom mos van hulle af nie van die boere nie…

Michael P ·

Dit is konings soos daai wat reguit sal se die honger mense is nie sy probleem nie.

Ai tog ·

Laat ek nou verduidelik want iemand verstaan nie waar kom die kos vandaan wat in die winkels is nie. As die boere nie plant is daar nie mielies om te verwerk en is daar nie mielie meel vir Checkers en P&P om te verkoop. Dit gaan nog hier ook gebeur omdat ons boere uitgemoor word en niemand kort voor lank meer boere wil wees is die siek land

Melanie ·

Ek ag daardie mense wat die ander probeer help met baie meer respek as wat ek daardie ego-sentriese koning ooit met enige respek sal behandel.. hoe seer is dit om dood tegaan van honger.. nie fisies nie, maar emosioneel… dis verskriklik!! en hy vreet sy bek blink!! Ek bid ons Vader se hand oor hul wat so swaarkry, daar en in ons eie land…

T ·

My werker het een dag vir my gese: As die koning ryk is is ons gelukkig, dit is sad maar dit is hoe hulle hulle eie rykdom meet, aan die Koning se rykdom so al vergaan hulle van honder is dit ok solank die koning ry is – baie sad.

maplotter ·

Wat van sy vliegtuig R2OOm aankoop , R500m vir opknapping na sy smaak en nuwe lughawe R2 biljoen, totaal R2.7b.

Johann Jordaan ·

Moer hom van sy troon af magtag , moet nie kla as die nasie nie ‘n plan maak nie.

Rm ·

Nou waar is ANC EFf, DA en al die menseregte niksdoeners nou, seker stil want die koning is nie wit

Foxi ·

Daar is net EEN KONING in die heelal. Wie is hierdie dooie koning?

Bert ·

Ja Foxi, en die Koning is in volle beheer van al sy onderdane al lyk dit nie op die oomblik so nie nè.

SêMaarNet ·

“Survival of the fittest”. Net soos in die natuur. Nie reg vir die mensdom nie,maar die mens raak soos ‘n dier as dit by geld kom. En ons kan maar vinger wys na baie van ons mede-burgers. Waar kom sommige se oorvloed vandaan? Party van harde werk, en ander van…

EO ·

Toemaar, ons sit met presies dieselfde probleem. Ons mense kripeer van ellende en die “hoë lui” rits rond in duur motors en vliegtuie en gee net geld uit.

Gert@Midstream ·

As ek reg onthou is finansiering vanaf RSA ook aangevra. Die gepeupel moet betrokke raak. Kan hy darem donkiekar bestuur.

Ja swaer ·

Wel hy spaar darem geld op klere, kyk dra sommer ‘n stuk lap. Dink net as hy smaak vir duur pakke en so van Europa gehad het. Gelukkig het hy nie smaak nie, ‘n lap is voldoende. So hy is ‘n voorbeeld van besparings deur sy regering. Mooi so, doen so voort

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.