Hongkong-betogers vra Trump om hul te bevry

Foto: (AP Photo/Kin Cheung)

Betogers in Hongkong het Sondag na die Amerikaanse ambassade opgeruk en ʼn beroep op pres. Donald Trump gedoen om hulle stad te “bevry”.

Duisende mense het in ʼn park in sentrale Hongkong bymekaargekom en gedreunsing “Weerstaan Beijing, bevry Hongkong”. Talle was in swart hemde geklee, het maskers opgehad en Amerikaanse vlae rondgeswaai. Plakkate het ʼn beroep op Trump gedoen om Hongkong te bevry.

“Hongkong is aan die voorpunt van die stryd teen die totalitêre regime van China,” het Panzer Chan, een van die organiseerders van die optog, gesê. “Ondersteun ons asseblief in ons stryd.”

Foto: (AP Photo/Kin Cheung)

Onrus heers al vir meer as drie maande in Hongkong. Dit het aanvanklik begin met teenstand teen ’n voorgestelde wet wat dit sou moontlik maak dat kriminele verdagtes vir verhoor na China gestuur kon word.

Die regering van Hongkong het reeds onderneem om die wetsontwerp terug te trek, maar die betogers het intussen hul eise uitgebrei om ander kwessies, soos groter demokrasie, in te sluit.

Betogers het Sondag ’n beroep op Washington gedoen om ’n wetsontwerp, bekend as die Hongkong Demokratiese en Menseregte Wet, aan te neem om hul saak te  steun. Die wetsontwerp stel sanksies voor teen Hongkong en Chinese amptenare wat hulle aan die onderdrukking van demokrasie en menseregte in die stad skuldig maak.

Foto: (AP Photo/Kin Cheung)

Die Amerikaanse staatsdepartement het Vrydag in ’n reiskennisgewing gesê Beijing het ’n propagandaveldtog onderneem “wat die VSA vals daarvan beskuldig dat hy onrus in Hongkong aanhits”. Daar word gesê dat Amerikaanse burgers en ambassadepersoneel die teiken van die propaganda was en hulle is aangespoor om groter omsigtigheid uit te oefen.

Sommige Amerikaanse wetgewers het reeds sterk steun aan die Hongkong-betogers toegesê en kommer uitgespreek oor die potensiaal vir ’n wrede onderdrukking deur China.

Trump het egter reeds vroeër aangedui dat die VSA nie by die saak ingetrek sal word nie. Hy het gesê hy glo dat die VSA se handelsoorlog met China tot gevolg het dat Beijing ligloop.

Sondag se betogings is voorafgegaan deur gewelddadige botsings tussen die betogers en polisiebeamptes by talle treinstasies.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andile ·

Vra SA om druk op Sjina te sit via BRICS. Ons regering was nog altyd verbind tot die ondersteuning van onderdruktes so jy kan op ons reken.

Vryburger ·

Te laat HK, julle moes al in 1990 deel geword het van die VSA. Net soos wat die Wes-Kaap nou kan vra om by die VSA ingelyf te word.

Wingman ·

Die idee is nie vêrgesog nie. Die VVA moet dit gerus ondersoek.

John ·

Hierdie KingKongers is Sjinese wat nie van kleintyd in hul spote moes trap en die hele tyd smile en smile nie al dood hulle van ellende. Sjina gaan sy ware kleure wys en sy naaste in die see jaag. Sjina se volmaakte prentjie is onder druk en nou gaan Xi terugdruk. Die vonke gaan spat en dit gaan nie veelkleurige vuurpyle wees nie.

Gert van Wierdapark ·

Pres Trump is elders besig jammer – met die Meksiko-muur!

anton ·

Ja duidelik is Trump wêreldwyd gewild want selfs HK vra ook sy hulp.
En S.A gaan ook nog meer sy hulp vra voorentoe as die blankes net erger en erger onderdruk word.
Weet egter nie of hy sal kan help nie want die Amerikaanse ”Congress” sal dit sekerlik teenstaan!!! Teveel liberales daar wat ons in die gemors geplaas het.
Die hele wêreld begin al meer en meer uitmekaar val en kan die eintyd nie meer baie ver wees nie.

Kong Fu Fighting ·

Kommunisme eis gehoorsaamheid tot die dood. Vra vir Tibet.
Afrika gaan dit ook nog uitvind.

Gatiep ·

Andile,
Jy vra vir lekkers in n kleuterskool. Wie voorsien die regering van finansies?

Jerry ·

Politieke aktiviste in Hong Kong en Suid Afrika bied weerstand teen verdrukking en verwag dat wanneer dinge nie na hulle sin verloop nie en hulle begin pakslae kry, dat iemand anders die kastaaiings uit die vuur vir hulle moet kom krap. Nee boetie dit werk toe nou nie so nie, as jy skoor soek op jou eie terme moet jy op jou eie terme die fight baklei. As jy nie oor die vermoe beskik om enduit te baklei nie, moet nie skoorsoek nie, punt! Kry die boodskap dat verstandige mense wat die vermoe het om te fight, dit slegs doen op hulle eie terme!

Carl Jordaan ·

Hierdie stel n rekord op vir hoe lank n betoging kan voortgaan. Erens moet die ding begin stoom verloor. Die gebeure rondom Tianamen square van 1989 het beslis die aandag van die wereld op China geplaas, en hulle sal dit nie wil herhaal nie. Net so sit Suid Afrika na die Marakana slagting, ook met hulle hande in hulle hare, hulle weet nie hoe om op te tree nie. Die mag van sosiale media speel n sterk rol. Let ook hoe die betogers laserstrale gebruik om die onluste polisie te verblind. Die spel reels het verander. Daar sal vanaf die owerhede by ons en elders besin moet word, hoe om sulke situasies, effektief te hanteer.

Gert van Wierdapark ·

Trump kan hul betrek om die Mexico-muur te help nou!!!

Susna ·

Hongkong moet nie ook nou na President Trump roep om hulp nie, maar eerder gaan kyk na die ou groot opstokers in die ganse wereld, en wie bevonds hierdie groep betogers, hulle hoef nie verder as die Verenigde Koningkryk ( UK) te kyk nie. Net soos met ons hier in SA sit al die euwel daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.