Hospitaalwerker bedank ná sy R10 miljard wen

Mavis Wanczyk (Foto: ANA)

Mavis Wanczyk, ʼn 53-jarige hospitaalwerker van Massachusetts in die VSA, het Donderdag ʼn allemintige $758,7 miljoen (sowat R10 miljard) in die land se Powerball-lotery gewen.

Dit is die tweede grootste uitbetaling wat dié lotery nog ooit gemaak het.

Wanczyk bly in Chicopee en het oudergewoonte ʼn kaartjie vir die lotery gekoop. Sy het vandeesweek aan verslaggewers vertel sy het Woensdag, voordat sy na die wen-nommers gekyk het, aan haar vriendin gesê: “Dit sal nooit ek wees [wat wen nie], dit is maar net ʼn droom vir my.”

Maar nóú is die ma van twee skatryk en het sy reeds haar eerste besluit as miljardêr gemaak – om uit haar werk te bedank!

Wanczyk het volgens berigte vir 32 jaar by ʼn Springfields-hospitaal gewerk, maar haar werkgewer kort ná haar oorwinning gebel en gesê sy gaan nie weer terug werk toe nie.

Die nommers wat Wanczyk gekies het, was 6, 7, 16, 23, 26 en 4. Sy het blykbaar die nommers wat sy gekies het gebaseer op haar familie se verjaarsdae.

Wanczyk het by ʼn mediakonferensie gesê sy is al moeg vir die aandag wat dié groot wen haar gee. “Ek wil nou hê alles moet oor en verby wees, sodat almal my kan uitlos. Ek wil nou net weer alleen wees en myself kan wees.”

Wanczyk kon kies om die $758 miljoen in jaarlikse betalings vir die volgende 29 jaar te ontvang of ʼn eenmalige betaling van meer as $440 miljoen (sowat R5,8 miljard) voor belasting.

Die grootste Amerikaanse lotto-boerpot wat al ooit gewen is, was $1.6 miljard (sowat R21 miljard), en dit is deur drie mense gedeel. Wanczyk se wen is die grootste in Powerball-geskiedenis vir ʼn enkele wenner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Richard ·

Sy wil hê almal moet haar uitlos, maar die eerste ding wat sy doen is om op dit op die TV uit te basuin sodat almal kan weet wie sy is?

Andre van der bank. ·

Nee jy is verkeerd. In Amerika as jy n lottery wen, word jy verplig om jouself bekend te maak

andrea van vuren ·

Baie, baie dom! Een van die dae sak die Zuptas op haar toe!

ANDRE ·

Sorry ma’am , jou privaatheid en ” rustige” lewe is so weg soos my pay van laas maand .

Paul ·

Nee, Danie. Dit is wel voor belasting.

In die VSA kan jy kies om ‘n groot hoeveelheid geld as ‘n 20- tot 40-jaar annuiteit te kry, of ‘n kleiner hoeveelheid geld – die sogenaamde “present value” van die annuiteit – as ‘n eenmalige bedrag. Op al die bedrae geld moet jy steeds inkomstebelasting betaal.

danie ·

Paul, sy’t nie ‘n annuiteit gewen nie maar ‘n wenbedrag van oor die 750 miljoen wat sy dadelik kan trek, dan moet die 440 miljoen die bedrag NA belasting wees as sy onmiddellik die wenbedrag eis..

malema ·

Eish! She sudenly look like my long lost mamma. Do anyone know her phone number? I suddenly miss her so very much!

Alida ·

Paul is reg. Sy het die eenmalige uitbetaling gekies, wat $336 miljoen na belasting was.

Marius ·

Ek sal my kar vol petrol maak, die res van die skuldeisers moet maar wag ………..

SARIE VAN HEERDEN ·

As ek in hierdie land net die helfte van haar prysgeld wen se ek KOEBAAI, vat al my familie en gaan bly iewers onder ‘n boom met ‘n mooi huis langsaan.

jaco ·

Waarom vat Die Ontvanger in Amerika so ‘n reusagtige bedrag vir belasting? Dis omtrent 42%. Ek het meer genaakbaarheid Vassar van ‘n inkomstediens in ‘n land SONDER korrupsie, rommelstatus, resessie en useless regering.

NICKEY / GAUTENG ·

O, genade, nou gaan daar familie wees wat vanuit die Yster tydperk kom….en hulle gaan net met die hande bak staan. Hoop nie ons nommer een kom te hore van haar nie.

Veritas ·

Sy is aangetroude familie van my. Altans ek glo so want sy het my gebel en gesê sy sal die geld wat sy my skuld, volgende jaar teruggee. Al my familie doen dit

Sou my naam daar wou sien.... ·

Ha-ha-ha SARIE solank daar net ‘n baie mooi uitsig onder die boom is nadat ek ook bedank het.
Berg of see!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.