Hou op voorbehoeding gebruik, vra Tanzanië se president

’n Reklamebord in Ethiopië beeld van die nadelige gevolge uit van te veel kinders hê. Foto: Wikipedia/Maurice Chédel

Pres. John Magufuli van Tanzanië het vroue gemaan om op te hou om voorbehoeding te gebruik omdat die land volgens hom meer mense nodig het, al het dié land in Oos-Afrika een van die hoogste geboortesyfers ter wêreld.

“Vroue kan nou hul geboortebeperkingsmetodes staak,” het Magufuli gesê.

Die opposisie-LP Cecil Mwambe het die president se opmerking gekritiseer en gesê dis strydig met die land se gesondheidsbeleid, berig die BBC.

Benewens Tanzanië se geboortesyfer van meer as vyf kinders per vrou, oorleef meer as die helfte van die land se geskatte 59 miljoen inwoners op minder as $2 (sowat R30) per dag. Die huidige bevolkingsyfer is meer as drie keer soveel as die amper 19 miljoen in 1980.

Die dag ná Magufuli se uitlating het die speaker van die parlement, Job Ndugai, vrouewetgewers verbied om kunswimpers en -naels in die parlement te dra.

Ingevolge nuwe regulasies word vroue-LP’s ook verbied om kort rokke en jeans te dra, terwyl van vroue wat die parlement besoek, verwag word om ook dié voorskrifte te gehoorsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

FRAN ·

GENESIS 1;28 se Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

Griet ·

Fran, Genesis sê: “….bewoon en bewerk dit…”, ek lees nêrens “OORBEVOLK DIT EN KRIPEER VAN ELENDE” nie.

John ·

… ha, ha… haaa. Die man het ‘n goeie humorsin of hy besit ‘n vloot rubberbote vir reise na kammaland. SA is natuurlik ook ‘n goeie opvangsgebied… met alles so lekker gratis van… tot… Enigeen wat Afrika as eerstewereldland in die verre toekoms sien kan gerus meer
vit B inneem. Dit help die brein om beter te funksioneer.

Ben ·

Nie ‘n baie wyse leier nie – Hy het nog nie die’ sommetjie gedoen wat se “hoe meer delers daar is ,hoe kleiner die stukkiekoek.”

Theresa ·

Skrikwekkend. Dan wil ek met respek kommentaar lewer waar na die Bybelvers verwys word: HEERS oor die diere, ens. Nie eet als op sodat niks iewers oorbly nie.
Met respek. Daar is slegs ‘n handvol mense (in vergelyking met hoeveel daar in die wêreld is) wat die natuur bestuur soos dit eintlik bedoel was…

GM ·

@FRAN – klem op die ‘bewoon die aarde EN BEWERK dit’. Dis nie ‘sit op jou boud, en wag vir iemand anders om vir daardie BAIE kinders kos (of kindertoelae) te gee nie’.

Jana ·

Ek verstaan nie hoe mense dink nie. As jy nie vir ‘n kind kan sorg nie, MOENIE EEN KRY NIE! Almal is so jammer vir die arme honger kindertjies in Afrika en hulle gee net meer en meer geld wat in ‘n bodemlose put val. Niemand maak die sommetjie dat jy vir die kind moet kan sorg as jy een kry nie. Ek wonder in watter mate sal hongersnood beveg kan word net met basiese logika!

Griet ·

Jana, “you are paying them a complement to insinuate they CAN think in logical terms”.
SELA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.