Huawei-baas se borgtogverhoor begin

Meng Wanzhou. Foto: Facebook

China se woede oor die inhegtenisneming van een van dié land se topsakevroue in Noord-Amerika neem steeds toe, terwyl ʼn Kanadese hof Maandag moet besluit wat volgende gaan gebeur.

Die hoof- finansiële beampte van Huawei, Meng Wanzhou, word al sedert 1 Desember in die Kanadese stad Vancouver aangehou, berig CNN. Uitlewering aan Amerika staar haar in die gesig.

Sy word daarvan beskuldig dat sy Huawei, een van die wêreld se voorste vervaardigers van slimfone en netwerktoerusting, gehelp het om Amerikaanse sanksies teen Iran vry te spring.

In die jongste ontwikkeling in die sage is by die huis ingebreek wat Meng en haar man in Vancouver besit, berig CTV News. Volgens die polisie het die verdagtes op die vlug geslaan nadat iemand in die huis hulle verwilder het.

Meng het intussen in ʼn beëdigde verklaring gesê sy is onskuldig aan al die aantygings teen haar en sal dit in ʼn verhoor bestry as sy uitgelewer word.

Luidens die verklaring was sy daagliks met Amerikaanse regeringsagentskappe in verbinding om seker te maak sy voldoen aan al die handelsvereistes.

China is die josie in oor haar aanhouding en dring daarop aan dat sy onmiddellik vrygelaat word. Die inhegtenisneming het wêreldmarkte geruk midde-in vrese dat dit die verbetering in Amerika en China se handelsverhouding kan kelder, berig die CBC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Renier ·

En gaan die Rand seker maar weer verswak teen die Dollar en die Olieprys weer styg.

Johnnie ·

Wat is volgende wat ons van die amerikaners kan verwag wat n sirkus nar het wat regeer.

Sê maar net. ·

Liewer n nar as om na die vloer te staar na die olifante in die ring was

HPV ·

Ek leef 1000 maal eerder onder die “nar’ as onder die helhool se anc regime, selfs onder China is ‘n beter opsie as die siek stukkende, sukkelende land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.