Hugh Hefner sterf

Hugh Hefner (Foto: Facebook)

Hugh Hefner, stigter en eienaar van die tydskrif Playboy, is Woensdag in die ouderdom van 91 oorlede.

Playboy Enterprises Inc het dié nuus Woensdagaand (plaaslike tyd) bevestig. Volgens die maatskappy is Hefner aan “natuurlike oorsake en vreedsaam by sy huis” in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië oorlede.

Hefner het in 1953 $8,000 (ongeveer R100 000) ingesamel om Playboy vir die eerste keer te publiseer. Die eerste uitgawe het foto’s van onder andere Marilyn Monroe bevat wat ook in ʼn “naakkalender” van 1949 verskyn het.

Hy het Playboy, wat in ʼn stadium die mees verkoopte tydskrif vir mans was, gebruik om ʼn rykdom op te bou wat hom onder die rykstes van Amerika laat geld het. Hy het onder meer ook verskeie produkte vervaardig en verkoop en ʼn televisiepersoonlikheid geword. Hefner se befaamde “Playboy Mansion” is verlede jaar aan Daren Metropoulos, die eienaar van Twinkies, verkoop, met die ooreenkoms dat Hefner daar sou bly tot hy sterf.

Hy was drie keer getroud waarvan die mees onlangse verbintenis met Crystal Harris wat ses dekades jonger as hy is.

Hy word oorleef deur sy vrou, Crystal, en sy kinders, Christie (wat langer as 20 jaar die direkteur van Playboy Enterprises was), David, Marston en Cooper.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

Bron: NBC News

Hefner en sy vrou, Crystal (Foto: Facebook)

Hefner in sy jonger dae (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johann ·

Wonder hoeveel mense het die boek gekoop vir die “artikels”?

Landman van Greunen ·

Hefner was male sonder tal in die 7de hemel!!

Jean ·

Met ‘n SMILE op sy gesig. Niemand kon hom ooit onder kry nie, ongeag al die mense se kritiek oor sy lewensstyl, HE HAD IT ALL!! Now you can rest!

Se net ·

Jean en al die ander wat se hy het alles gehad. Ek glo nie, nie volgens sy lewe nie, en beslis nie volgens die Here se voorskrifte en die Woord nie. Hoop hy het bely en Jesus aangeneem as sy verlosser!! Die Here is genadig en getrou. Indien nie, is dit die ewige hel.

Voorskrifte ·

Hier is so baie engeltjies op die blad, ek lag vir julle, diegene wat altyd ander mense JUDGE, hoe skoon is jou lewe? Jy is dalk nie ‘n PORN KING nie, maar laat HY wat SONDER SONDE Is die eerste klip gooi. Sy verhouding met sy Skepper en of hy om verskoning gevra het het NIKS met jou uit te waai nie SE NET, wie is jy om ander tot die HEL te verdoem? JUDGEMENTAL .. hoe ek verstaan, is dit ook ‘n SONDE! Want jy gaan met dieselfde oordeel gemeet word. Kom JY al die voorskrifte na hmmmm??

anton ·

Dus was die Rand amper net so sterk soos die Dollar??? Eintelik sterker. Baie Interessant.
Kyk hoe het alles met die tyd gedraai.

HPV ·

Die Rand was voor de Klerk en die ANC se oorname sterker as die Dollar. Byvoorbeeld in die middel 80’s was R0.80 gelyk aan USD 1.00.

Hierdie is feite ·

Middel 70s dalk, na ’82 het hy begin duik. Hugh Hefner se skuld.

Elisabeth Teir ·

Sies hy gin respek gehad vir vrouens se liggame nie. Waar is die wat op 16 Desember voor God staan?

Gerrit ·

Wat baat dit die mens om die wêreld te wen maar sy siel lei skade. Wat baat dit (vir al die jaloerses) om ‘n lewe op aarde te voer met girls en geld onbeperk… maar die ewige lewe te mis en wel die ewigheid in die onuitbluslike vuur te ‘geniet’? Ek hoop vir Mnr Playboy dat hy kon regmaak met sy Skepper. Al die ‘jaloerses’…herbesin.

Veronica ·

Ek beaam dit wat jy sê Gerrit . . .
Dan kan ek ook net byvoeg ” wonder wat sou sy boodskap uit die dood wees vir al sy aanhangers as hy n boodskap kon stuur ” ?!!

Hugh ·

Goed gesê Gerrit… ai die korte duur van aardse passies. God is het seks geskep om te geniet tussen man en vrou wat in die huwelik is. Hugh het dit goedkoop gemaak en munt daaruit geslaan. Miljoene mense het sonde in hul gedagtes gepleeg deur na dié tydskrifte te kyk. Net genade as jy nie het nie…

Williew ·

Het NOOIT die tydskrif gekoop vir die artikels nie…..ek kan nie lees nie…ek kyk net prentjies…hie hie hie….

Meraai ·

Williew – ekt nou so gegiggel vir jou!!! jys skep. lol

Rus sag my Oom niemand sal ooit weet wat jou laaste woorde was nie,maar ek glo jy is in
vrede weg.

Ander Annie ·

Die verskeidenheid van kommentare het my lekker laat giggel. Die man het ‘n flambojante lewe gehad. Hy het sy keuses gemaak – reg/verkeerd. Sy lewensstyl het my nie aangestaan nie, maar dit was sy keuse.

Cacophony ·

Al die mense wat so arme oom Hef verdoem hoeveel van julle het skelm die Scope gekoop en die sterretjies probeer afkrap? Ai ek ken ‘n man wat ouderling was maar met sy dood het ons afgekom op pakke en pakke Scopes, Playboys em Hustlers. Dit was die einste man wat gepreek het dat almal wat dit lees hel toe gaan

JP ·

Baie skerp julle!!! Het nou lekker gelag vir julle. Sien tog bietjie die ligter kant van lewe ook….eish!!

Pennie ·

Hy het vir baie mans so bietjie blydskap gebring. Ek hoop julle het almal jul ‘gereedskap’ so bietjie laat half mas hang uit dankbaarheid.

Attie ·

Maak nie saak waar hy is nie, hy is nie op n beter plek nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.