Huilende slingervel-ammunisie was vroeë terreurwapen

Die kleiner koeëls met die gaatjie voor (Foto via Livescience)

Die kleiner koeëls met die gaatjie voor (Foto via Livescience)

Argeoloë in die suide van Skotland het afgekom op unieke slingervel-“koeëls” met klein 5 mm-gaatjies wat glo byna 1 800 jaar gelede as “terreurwapen” deur die Romeine gebruik is om hul vyande te verjaag.

Die sogenaamde slingervel-“koeëls”, wat by Burnswark Hill ontdek is, is van lood gemaak en weeg byna 30 g elk.

John Reid, een van die argeoloë van Trimontium Trust, glo gaatjies is in dié “koeëls” gemaak om ʼn skerp, onheilspellende fluitgeluid te maak wanneer dit deur die lug geslinger word. Dit sou verseker dat die vyande hulle koppe laag hou en nie maklik self tot die aanval kon oorgaan nie. Hulle sou deur die geluide geterroriseer wees.

Die gaatjies het slegs in die kleiner koeëls voorgekom wat hulle as ammunisie selfs nog minder doeltreffend gemaak het.

Reid sê ook die toneel was glo 1 800 jaar gelede ’n slagveld toe ’n groot Romeinse kontingent ’n heuwel bestorm het wat deur ’n groot aantal Skotse verdedigers beset was.

“Elkeen wou ’n voorsprong bo sy teenstanders hê, en dié koeëls het waarskynlik ’n vernuftige voorsprong aan die Romeinse troepe gebied. Jy kon maklik drie of vier gelyk geskiet het, wat ʼn oordonderende geluid sou veroorsaak het,” het Reid gesê.

Hy sê ook die groot aantal koeëls wat by die Burnswark Hill ontdek is, is glo ʼn bewys dat die Romeine besig was om hulle vir oorlog of ʼn aanval voor te berei. “Daar gaan ongelooflik baie werk daarin om gaatjies in die doppies te maak, en die hoeveelheid wat gevind is, dui daarop dat hulle ʼn groot aanval beplan het.”

Soortgelyke koeëls is nog net voorheen in Griekeland gevind, en dateer glo uit die tweede en derde eeue voor Christus.

Die groter koeëls was wel deeglik bedoel om as ammunisie te dien, en ’n swaar koeël wat teen ongeveer 160 km per uur trek, kon ’n deel van die slagoffer se skedel afruk.

Die Romeine kon egter nooit daarin slaag om Skotland te verower nie.

Bron: Livescience

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Daar was onlangs ‘n opgrawing in die Kalahari wat NIKS opgelewer het nie…..die gevolgtrekking was dat die Koisan al duisende jare gelede die wêreld ver vooruit was…en koordlose fone gebruik het!!

KLEIN ·

hhlle het ook op elektriese drade afgekom wat wys dat daardie tyd was daar elektisiteit nie soos vandag geen elektrisiteit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.