Huis in LA verkoop vir meer as $100 miljoen

Duur huisDie bekende Fleur de Lys-landgoed in Bell Air, Los Angeles is pas vir meer as $100 miljoen (meer as R1 miljard) verkoop.

Die huis, met 12 slaapkamers, 15 badkamers, ‘n filmteater, danssaal en tennisbaan is op die paleis van koning Lodewyk XIV in Versailles geskoei, en is ook aan ‘n Franse miljardêr verkoop wie se naam nie bekend gemaak mag word nie. Die miljardêrs het mekaar glo tien dae lank in ‘n veiling die stryd aangesê.

Die landgoed is in 2002 gebou vir die bekende sosiale vlinder, Suzanne Saperstein en haar miljardêrman, David, maar twee jaar later was die huwelik op die rotse toe David die pad  gevat het met hul Sweedse kinderoppasser. Die eiendom is sedert 2007 in die mark, en die prys was aanvanklik $125 miljoen.

Die volledige berig in die Mail Online en verskeie foto’s van die binne- en buitekant van die huis kan hier gelees en besigtig word.

Ander bronne: Los Angeles Times, Forbes.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Wow!!! Ek wens nou ek was hulle kinderoppasser. Ek sou net die mooi huis en die kinders geniet het, en nooit met die man weggeloop het nie. Ek meen, met daai salaris wat ek as daai mense se kinderoppasser sou kry, sou ek dalk binne ‘n paar jaar ‘kon aftree’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.