Huis van voor Christus met ondervloerverhitting ontdek

Foto: Die oorblyfsels van die huis wat eens bykans 2 000 vierkante meter in beslag geneem het.

Foto: Die oorblyfsels van die huis wat eens bykans 2 000 vierkante meter in beslag geneem het.

’n Huis wat reeds in 25 voor Christus gebou is, het nie net oor ’n sauna en toiletgeriewe beskik nhie, maar ook ondervloerse verhitting.

Die huis se oorblyfsels is in die ou Christenstad, Pisidia in die teenswoordige Turkye ontdek. Dit was ‘n dubbelverdiepinghuis.

Hoewel die huis oorspronklik voor Christus se geboorte gebou is, het dit eers in die vierde eeu na Christus sy hoogtepunt bereik. Uit hierdie era dateer ook skilderinge op marmer met Christelike motiewe. Dit is in ’n stadium afgebrand, waarskynlik in die agste eeu tydens Arabiese invalle. Die huis is blykbaar tot die elfde eeu na Christus gebruik.

Lees die volledige artikel in die Daily News.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Nou HIERDIE is nou interessante nuus – wens net die berig het baie meer besonderhede verskaf!

Carl ·

Skeinbaar het hulle vuur in die kelder gemaak. Die warm rookgasse is deur holtes in die mure en vloere na buite gelei. Dit het etlike dae geduur om warm te word.

v Botha ·

Hierdie is nou goeie nuus, seker daarom dat dit nie in koerante verskyn nie. Ons kinders moet minder politiek leer, en meer van die tipe geskiedenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.