‘Hulle het die kinders getart met kos’

David Allen Turpin (57) en Louise Anna Turpin (49) in die hof. Foto: ANA via AP.

Die egpaar van Kalifornië in die VSA wat in hegtenis geneem is nadat die polisie hul 13 ondervoede kinders uit hul huis gered het, het Donderdag in die hof verskyn.

Die hof het gru-besonderhede van die aantygings wat dateer van 2010 teen David Allen Turpin (57) en Louise Anna Turpin (49) aangehoor.

Die egpaar se kinders, sewe van die 13 reeds volwassenes, is glo gewurg; vasgeketting aan hul beddens, by tye maande lank; het gebrekkige mediese behandeling ontvang; mag nie die badkamer gebruik het nie en mag net een keer per jaar gestort het.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het Sondag toegeslaan nadat ʼn 17-jarige meisie uit die huis in Perris, sowat 113 km van Los Angeles, uit die huis ontsnap het.

“Polisiebeamptes het op 12 kinders in die huis afgekom, maar het met skok agtergekom dat sewe van die kinders eintlik volwassenes is,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Die slagoffers was ondervoed en baie vuil.” Die kinders is tussen twee en 29 jaar oud.

Bure het geskenke en speelgoed buite die huis waar die beweerde misdrywe plaasgevind het gaan neersit. Foto: ANA via AP.

Die 29-jarige vrou het slegs 37 kilogram geweeg en die 12-jarige het die tipiese gewig van ʼn sewejarige gehad.

Die aanklagte van ondervoeding en marteling sluit nie die tweejarige in nie, omdat sy glad nie ondervoed was nie.

David en Louise Turpin het onskuldig gepleit op alle aanklagte teen hulle.

Al hul kinders se name begin met ʼn ‘J’.

Mike Hestrin, prokureur van die Riverside-distrik, het gesê terwyl die kinders nie mog eet nie het die ouers hul getart deur appel- en pampoenpasteie op die tafel reg voor hulle neer te sit.

“Daar is ook baie speelgoed in die huis gekry wat nog in hul oorspronklike verpakking was, die kinders mog nooit daarmee speel nie.”

Een ding wat die kinders wel mag gedoen het, is om in hul joernale te skryf. Die ondersoekbeamptes is tans besig om honderde joernale wat in die huis aangetref is te fynkam.

Daar word verwag dat dié boeke as kragtige bewysstukke teen die ouers sal dien.

Die saak sal na verwagting op 23 Februarie voortgaan.

Anna Turpin. Foto: ANA via AP.

David Allen Turpin. Foto: ANA via AP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

bee ·

Die is n geweldige onstellende gebeurtenis. Hoe siek moet mens wees om dit aan jou kinders te doen? Hul lyk ook siek; albei ouers se oë is so dood soos hul siel.

Carien ·

Hallo Maroela. Loer net in die skrywe… op 2 plekke wou jul mag tik en vinger het mog getik ?

Landi Slatter ·

Dagsê Carien

Dankie vir jou kommentaar. ‘Mog’ is die verlede tyd van ‘mag’, bedoelende dat hulle in die verlede nie toegelaat is om te eet of met die speelgoed te speel nie. Die gebruik van die woord in die berig is dus korrek.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Amanda ·

Mog is ‘n stokou woord. Kon seker ‘nie mag geëet het nie’ gebruik het? Of probeer jy iemand beïndruk?

Cherokee ·

Wel Amanda, as jy vra of die vertaler van die berig iemand probeer beïndruk, kan ek bevestig dat ek beïndruk is met pragtige Afrikaans. En as jy vra of Carien iemand probeer beindruk moet jy haar vriendelike skrywe vergelyk met die geniepsige een van jou.

Ek stem ·

Ek stem saam Cherokee. Mag die mag van Afrikaans voortleef vir die hede en toekoms soos die mog van die verlede van ons magtige taal.

ANONIEM ·

Sjoe dis so so verskriklik. Dat n mens dit aan jou eie vlees en bloed kan doen.. Dit is mos nie moontlik nie. En hoekom dan so baie kinders hê as hulle net verwaarloos moet word. Sies ek skaam my. As ek dan vir my hondjie so life is, hoeveel te meer vir my kinders….

Ander Annie ·

Die twee lyk soos die duiwel en sy sussie. Vir dit wat hulle gedoen het aan onskuldige kindertjies, moet die regsstelsel ongenadig met hulle wees. Kinders is so kosbaar.

Justice ·

Mag hulle nooit weer die daglig aanskou nie – absoluut walglik.

Wat??? ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie!! SIEk!! Ek het nie woorde nie.

KG ·

Ek sal in my liewe lewe nooit kan verstaan hoe ouers dit aan hul eie kinders kan doen nie. Ek probeer ook verstaan hoe het die bure, familie en/of vriende (as hulle ooit het) nooit iets agtergekom het nie….??!!

Ditwordgeplaas ·

Dit word geplaas. Dit verskyn net noe dadelik nie.

TLC ·

Myne ook nie en ek kom al die reels na maar van verlede jaar word dit net nie geplaas nie gmpf

Muffin ·

Carien ek hoop nie jy is n onderwyseres nie. Bokka jou skrywe is geplaas. Beide die beskuldigde ouers lyk maar gagga. Hoop hulle word met kettings vas gemaak sonder kos.

Marinda ·

Dis vreeslik. Hoop hulle kry die straf wat hulle verdien en nog meer.

Barnard ·

Dankie tog die kinders is bevry!! Wat se tipe ouers is dit? Hoop hulle sit lank!!! Laat hulle voel hoe dit voel om opgesluit te wees!!

pappa G ·

Die ouers pleeg hierdie gruweldade en die taalpuriste stry oor die tegniese taalkorrektheid in die berig! Ons is almal diep dankbaar dat julle ons probeer leer. Veels geluk! Daar staan wel “mog”. Ongewoon maar nie verkeerd nie! Lees met begrip – die berig is uiters ontstellend.

Cherokee ·

Mog is nie ongewoon maar slegs ‘n woord wat selde gebruik word. ‘n Woord wat ek as kind baie goed geken het maar jare gelede laas gehoor het. Komplimente aan die vertaler van die berig.

Chris ·

Ek dink nie mense besef hoe mooi ons taal is en watter pragtige woorde dit bevat nie. Ons verengels ons taal so dat woorde soos “mog” en “ofskoon” (want) totaal wegval uit ons daaglikse gebruik.

Heidi Lundie ·

Hoe leer mense om te skryf as hulle aan hulle beddens vasgeketting is? SO goed dat hulle joernale kon skryf? Iets maak nie vreeslik sin nie.

Cherokee ·

Heidi Lundi vra ‘n baie raak vraag. Dit is wanneer berigte objektief en nie slegs met emosie lees, wanneer sulke vrae opduik. My vraag is weer anders: Ek sal daarvan hou wanneer ‘n sielkundige spesialis hulle uitvra, wat hulle daaruit geput het. Of dit aan hulle genot verskaf het, die man en vrou mekaar probeer oortref het met wat hulle gedoen het of wat presies die oorsaak was en of dit vir hulle lekker was om dit te doen.

stemsaam ·

Stem 100% saam met PappaG. Dit laat my altyd stom wanneer sulke skokkende berigte geplaas word en mense vaar uit teenoor mekaar rakende ‘n woordkeuses of oor ‘n klein ou tikfoutjie. So bly die kinders is bevry. Mag God hulle seën en lei op hul pad na herstel.Dit kan nie maklik wees nie.

Dassie ·

Is AL die kinders deur die Ma gebaar? Hulle is so ver af van die spoor ….

PJC ·

Landi daar skort niks met julle gebruik van ons taal nie en niks is mooier as sogenaamde outydse Afrikaans nie. Ek kan ook nie kla oor kommentaar wat nie geplaas word nie. Die enkeles van my wat nie verskyn het nie was oor ń vingerfout aan my kant en dalk een of twee wat erg dubbelsinnig was.

mariana ·

Mog of Mag nou wat nou gan dit daar oor of gan dit oor die sieklike mense….. Mog die kinders gou gou herstel en mog daai vieslike mense hul lot kry……

June ·

Daardie kinders sal vir ewig letsels dra. Jammerte die verkeerde ouers word met vrugbaarheid geseen.

Heila ·

Ek is so geskok! Die ouers lyk baie ver van normaal af! Weereens ‘n vraag waarop ek nognie die regte antwoord kon kry nie. Hoe word sulke mense geseën met pragtige kindertjies en mense wat smag na ‘n kindjie en al die liefde in die wêreld het om te gee en dit finansieël kan bekostig………..vir baie van hulle is dit net nie beskore nie!!!!!! Dit gaan my verstand te bowe!!!

Cherokee ·

Sy het treffende oë, Heila. Kan selfs beskryf word as mooi oë.

Helene ·

Ek sien nie dat iemand kommentaar lewer op die gedin se vele duur uittogte na Disneyland toe nie..ook nie die ouers se obsessie met die Disneykuktuur nie (huisversierings)..al hul FB vriende is verbind met Disneyland. (Club 33) Neem daarmee saam die bussie met die getinte ruite wat snags stil vertrek en later d kinders in d toe motorhuis aflaai en begin wonder wat se vermaak is na middernag beskikbaar? Waarom is die ouer kinders ondervoed behalwe om baie jonk te lyk?? Daar was kos onthou. ..Hier is veel meer ter sake as mishandelde kinders en lesers moet ernstig oplees oor Pizzagate…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.