Maroela Media het vroeër berig oor Victoria wat in April vanjaar deur drie Amerikaanse veghonde aangeval is. Haar kakebeen, neus en wangbene is in die aanval gebreek. Sy het ook haar regteroog verloor.
Victoria is glo so paar weke terug by ‘n KFC-eetplek weggewys oor haar gesig ander klante glo ontstel het. KFC het om verskoning gevra vir die voorval en gesê hulle ondersoek die saak. Die kitskosgroep het ook beloof om $30 000 tot Wilcher se mediese onkostes by te dra.
Hulp stroom intussen uit verskeie oorde in. KMPH berig dat ‘n sjirurg van Las Vegas van Victoria te hore gekom het en sy dienste gratis aangebied het. Dr. Frank Stile is ‘n plastiese- en rekonstruktiewe chirurg, wat opgelei is en die kundigheid het rakende die vermindering van letsels. ‘n Bekende prostetikus gaan intussen vir Victoria ‘n kunsoog skenk.
Eers is die pragtige pop verneder, en nou dit – DIS WONDERLIK ! Mense het nog harte, van heinde en ver.
Prys die Here! En so was die ongevoelige werknemer en “ontstelde”klante van KFC uiteindelik net instrumente in die Hande van die Vader.
KFC het nou wel onverskoning gevra oor die incident, maar daardie pragtige kindjie glo ek is in haar hart so seer gemaak dat geen verskoning dit ooit sal herstel nie.