Hulp stroom in ná sikloon tref: ‘Die situasie is verskriklik’

Skade wat deur sikloon Idai in Zimbabwe aangerig is. (Foto: Alpha Media Holdings/The Standard/ANA)

Die Federasie van die Rooikruis en Rooikruisverenigings (IFRC) het Maandag gesê sikloon Idai het na raming 90% van die Mosambiekse stad Beira beskadig.

Volgens die IFRC is die raming gegrond op ʼn voorlopige assessering deur ʼn span van sy reddingswerkers.

Die federasie sê die geraamde dodetal weens die sikloon, wat ook lewens in Malawi en Zimbabwe geëis het, is tans minstens 150. “Die situasie is verskriklik. Die omvang van die verwoesting is enorm. Dit lyk asof 90% van die gebied heeltemal verwoes is,” het Jamie LeSueur gesê nadat die IFRC se assesseringspan ʼn luginspeksie van die gebied gedoen het.

Die span van IFRC was van die eerstes wat Sondag in Beira aangekom het nadat die sikloon die gebied tussen Donderdag en Vrydag getref het. Aangesien Beira se lughawe gesluit was, het die span van die hoofstad Maputo af gery voordat hulle die laaste deel van die reis per helikopter afgelê het. Paaie na Beira is heeltemal deur oorstromings versper.

“Amper alles is vernietig. Kommunikasielyne is heeltemal gesny en paaie is verwoes. Sommige gemeenskappe wat hierdeur geraak word, is nie bereikbaar nie,” het LeSueur gesê.

“Beira het baie erg deurgeloop, maar ons hoor die situasie buite die stad kan dalk selfs erger wees. Gister het ʼn groot dam se wal gebreek en die laaste pad in die stad in afgesny.”

Nadat sikloon Idai Mosambiek getref het, het dit as ʼn tropiese storm wes in Zimbabwe inbeweeg en daar skade in verskeie distrikte in die oostelike gedeelte van die land aangerig. Chimanimani en Chipinge het die ergste deurgeloop.

Sikloon Idai. (Foto: SA reddingspan/ANA)

Minstens 31 sterftes is in Zimbabwe aangemeld en meer as 100 mense word steeds vermis, aldus die IFRC.

Dié hulpgroep het 340 000 Switserse frank (sowat R4,9 miljoen) uit sy rampverligtingsfonds bewillig wat gebruik sal word as aanvanklike rampverligting vir ongeveer 7 500 mense. Die IFRC is die wêreld se grootste liefdadigheidsnetwerk en bestaan uit 191 nasionale Rooikruis en Rooikruisverenigings wêreldwyd.

Intussen het die World Food Programme (WFP) ook begin om voedselhulp aan minstens 1,25 miljoen mense te gee wat deur sikloon Idai geraak is. Volgens dié agentskap van die Verenigde Nasies (VN) word die huidige raming van hulpontvangers slegs op opnames van Malawi en Mosambiek gegrond.

“Nog duisende mense in Zimbabwe is na verwagting ook deur die ramp geraak, maar assesserings daar is steeds aan die gang,” het Herve Verhoosel, woordvoerder van die WFP, gesê.

In Mosambiek, Malawi en Zimbabwe is gemeenskappe wat nie met voertuie bereik kan word nie en waar landbougrond en huise verwoes is. Die WFP beplan om met vliegtuie en bote kosvoorraad aan dié gemeenskappe te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Judge Dredd ·

Hoeveel sterftes is veroorsaak deur swak beplanning/boumanskap ?

Hannah ·

Almal…..
Nie Moz..Ni Zim of enige afrika staat berei hul enigsins voor vir so iets nie.
Wat nog te se beplan en wees gereed vir enige natuur ramp

Hannelie ·

Hou op verwyte gooi en bid vir die wat hulp nodig het en geliefdes het aan daai kant.

Hanna Hoekom ·

Wonder hoeveel van daardie geld ooit by die slagoffers gaan uitkom… Afrika het nou maar eenmaal n reputasie as dit by groot hoeveelhede geld kom!

Hannelie ·

Ek dink nie daar moet enige aantuigings gemaak word nie. My man en sy kollegas is vasgrkeer in die skade van die sikloon. Laat ons liewers bid en saamstaan. Geen kommunikasie nie. Dis baie erg. Kom ons bid en staan saam as ñ gemeenskap!!!

Hannelie ·

Ek dink ni daar moet nou verwyte heen en weer gegooi word nie. My man en sy kollegas is vasgekeer sonder kommukasie na hulle toe nie. Kan ons nie liewers saamstaan en bid vir hul veiligheid nie. Ons land het dit nodig om bymekaar te staan in die natuur ramo war baue mense geraak her. Hoe sal jy voel as so iets gebeur en jou man is daar jy bid!!!

Drieks ·

Verskriklik Hannelie wat jul moet deurmaak. Ons bid vir jul.

Griet ·

Ek betwyfel dit baie sterk of Suid Afrika toegerus is as so ‘n ramp of ons afkom!

KaterinaKat ·

Ons sal seker nie veel beter af wees nie. SA is ook n 3de wereld hool. Dit hang seker af van watter tipe natuur ramp mens tref. Moeder Natuur is in elk geval baas, maak nie saak of mense dit besef of nie. As die natuur ramp groot genoeg is, maak dit seker nie veel saak of jy in n 1ste of 3de wereldse land bly nie. Kyk na die Fukushima ramp bv.

Met al die informele nedersettings en opstalletjies hier, sal n sikloon erg wees. Vir mense in bakstten huise en woonstel blokke is n aardbewing weer meer dodelik as vir diegene wat in “shacks” woon. Die beskikbaarheid en die kwaliteit en hoe effektiwiteit van nood dienste en noodhulp van die staat, is deurslag gewend vir oorlewendes. Maar as n erg genoeg natuur ramp gebeur gaan daar n dodetal wees, soms n verskriklike een, soos die Boxing Day Tsunami.

Judge Dredd ·

@Hannelie – Hier is die probleem – dit moet nie net met bid bly nie.
God het die mens verstand gegee – is dit nie hoogtyd dat mense in Afrika daai verstand ‘n bietjie gebruik nie?
Hoogtyd dat die betrokke lande hulle bouregulasies hersien of ordentelik toepas dan kan meer van hierdie sterwes/moeilikheid verhoed word.
En ja – met globale verwarming kan Mosambiek Meer en Sterker orkane in toekoms te wagte wees.

Wees gewaarsku en doen iets daaromtrent of steek jou kop onder die grond en hoop tragedie tref jou nie.

Elmarie ·

Deur die geskiedenis van Mosambiek is dit jaar vir jaar dieselfde drama. Tans is dit net in almal se gesig weens die wye media netwerke. Wat het die Mosambiek regering tot dusvêr gedoen om hul burgers te probeer beskerm? Daar word net elke keer op mense se gevoelens gespeel om te help.

Manie ·

Verstaan nie lekker. Het al n laat dae voor die sikloon gelees van sy pad na Mosambiek en Zimbabwe. Het ander mense nie ook die inligting of tart hulle die natuur

Verwonderd ·

Kyk so na die foto van Zim skade en dit lyk maar soos altyd, totale chaos. Die verskil is net alles is nat.

sarel ·

Ek is geskok terwyl ek die kommentaar lees. Meeste daarvan is absoluut harteloos en mag julle die krag en verwoesting van ‘n Sikloon gespaar word. Geen voorbereiding kan die krag van die natuur stop nie. Onthou daar is van ons eie mense vasgevang. Indien geen hart en geen verstand het nie , bly liewer stil. God sal hou oordeel soos wat jy ander oordeel.

Judge Dredd ·

As hulle my raad geimplementeer het sou honderde minder mense moontlik hul lewens verloor het – wie is nou eintlik die hartelose?
Die nie polities korrekte wat verwag iets moet gedoen word – of die goody two shoe’s wat net “ag shame” se elke keer wat ‘n ramp tref.

Ek kan jou nou al se – die internasionale gemeenskap sal gemelk word met hierdie ramp – maar daar sal bitter min daadwerklik gedoen word om die infrastruktuur meer bestand teen hierdie rampe te maak.

Judge Dredd ·

Van wat ek gesien het was meeste beton en nuwe baksteen geboue nog heel.
Die modder hutte daarenteen was meeste dakloos of platgevee.

Ja jy is reg niks of niemand kan moeder natuur stop – maar goeie voorbereiding verminder sterftes wel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.