Humanitêre konvooi na Oos-Oekraïne onderweg

'n Beskadigde gebou in Donetsk. Foto: СММ ОБСЄ - Спеціальна моніторингова місія ОБСЄ в Україні/Facebook

‘n Beskadigde gebou in Donetsk. Foto: СММ ОБСЄ – Спеціальна моніторингова місія ОБСЄ в Україні/Facebook

‘n Konvooi van sowat 280 vragmotors is met humanitêre hulp uit Rusland na die ooste van Oekraïne onderweg, nadat Rusland en die regering van Oekraïne ‘n ooreenkoms daaroor bereik het.

Die humanitêre hulp sal onder die toesig van die Internasionale Rooi Kruis staan, terwyl Oekraïne en die Europese Unie ook bydraes daartoe lewer.

Vroeër is vrese geopper dat Rusland die humanitêre hulp as dekmantel sou gebruik om soldate in die ooste van Oekraïne te ontplooi.

Die voorsitter van die Europese Unie, José Manuel Barroso, het voor die groen lig vir die inbeweeg van die konvooi gegee is, vir pres. Wladimir Poetin gebel en gewaarsku dat dit nie as ‘n dekmantel vir ‘n besetting gebruik moet word nie.

Die toestande in die twee beleërde stede, Donetsk en veral Loehansk is uiters haglik. Die noodvoorraad sluit 400 ton graan, 100 ton suiker, ruim 60 ton babavoedsel en 54 ton geneesmiddels, 12 000 slaapsakke en 69 kragopwekkers in.

Bronne: Verskeie berigte van Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.