‘Hungry Eyes’-sanger oorlede

Eric Carmen

Eric Carmen, wat bekend was vir die Dirty Dancing-treffer “Hungry Eyes”, is in die ouderdom van 74 oorlede.

Carmen se vrou, Amy, het die nuus van sy afsterwe op sy amptelike webwerf bekend gemaak.

“Dit is met groot hartseer dat ons die hartverskeurende nuus van die afsterwe van Eric Carmen deel. Ons lieflike, liefdevolle en talentvolle Eric is die naweek in sy slaap oorlede. Dit het hom groot vreugde verskaf om te weet dat sy musiek vir dekades soveel mense geraak het en dat dit sy blywende nalatenskap sal wees.”

Carmen was die hoofsanger van die Raspberries en het verskeie treffers in die 1970’s en 1980’s gehad. Hy was onder meer verantwoordelik vir “All by Myself” en “Never Gonna Fall in Love Again”. Celine Dion het “All By Myself” in 1996 opgeneem, terwyl Olivia Newton-John ewe veel sukses met Carmen se “She Did It” behaal het.

“Hungry Eyes” het ook vir Carmen groot sukses meegebring in 1987 en “Make Me Lose Control” was ʼn treffer die jaar daarna.

Carmen word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.