‘Huurmoordenaars’ dood ná moord op Haïti-president

Die oorlede president van Haïti, Jovenel Moise. (Foto: Alex Wong/Getty Images/AFP)

Polisie het Woensdag vier mans, wat glo huurmoordenaars is, doodgeskiet en twee in hegtenis geneem ná die sluipmoord op Haïti se president, Jovenel Moise, vroeër die oggend.

Maroela Media het vroeër berig dat Moise Woensdagoggend in sy huis deur ʼn groep gewapende mans vermoor is. Sy vrou is ook tydens die aanval beseer.

Die polisie het nie die verdagtes geïdentifiseer of gesê wat die motief vir die sluipmoord was nie.

Leon Charles, polisiehoof, het egter bevestig dat nog verdagtes op vrye voet is. “Beamptes doen alles in hul vermoë om die res van die verdagtes vas te trek.”

Drie polisiebeamptes wat gyselaar geneem is kort nadat die verdagtes opgespoor is, het ongedeerd daarvan afgekom.

Intussen het die tussentydse eerste minister van Haïti, Claude Joseph, ʼn ramptoestand aangekondig en die lughawe in Port-au-Prince gesluit.

Volgens landdros Carl Henry Destin is Moise sowat 12 keer in die kop, bors, heup en buik geskiet. Sy kantoor en slaapkamer was ook geplunder.

Sy vrou, wat tydens die aanval beseer is, is na ʼn plaaslike hospitaal geneem en daarna per helikopter na die Ryder Trauma Centre in Miami geneem.

Die paar se dogter, Jomarlie, was tydens die aanval in die huis, maar het daarin geslaag om in ʼn slaapkamer te skuil.

Destin het gesê dat ʼn bediende en ander personeel deur die verdagtes vasgebind is. Hulle het hulle glo as Amerikaanse dwelmhandhawingsagente (DEA) voorgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Dis nou darem ‘n ding as jou “protection detail” jou dood skiet. Moenie al die “bodyguards” in SA idees gee nie!

JohanR ·

Lyk my iemand wou die ou RERIG dood he! Met een se dood kom maar net nog een….en daai een miskien slegter as die een wat nou net vermoor is. Dink maar as die EFF ooit die verkiesing wen, sal dit Julius Malema op die troon wees, en Floyd “Nog 20 Hamburgers” Shivambu as adjunkpresident wees. Dit is nag!

Belinda ·

Blykbaar was dit agv al die korrupsie? Hulle moet dit aan al die korrupte amptenare doen…. wereld wyd.

Andrew ·

En so gaan n SA joernalis en skryf sommer onmiddelik die aanvallers was blank, seker omdat hulle engels en spaans gepraat het. En wat toe, n klomp is van Columbia en sover die ander n swart amerikaner. Ek is nog opsoek na die berig, wat nou nerens te vinde is nie, en sal n klagte teen jou, joernalis, indien sodra ek die stuk opspoor.

Surfer ·

Waar het jy dit gelees want die Maroela berig het niks van blank genoem nie: “Die president is by sy huis vermoor deur buitelanders wat Engels en Spaans praat,” het Joseph in ʼn verklaring gesê.

Boeing ·

Haiti is seker een van die mees disfunksionele lande in die wereld.

Jack ·

Wie sal weet hoekom hy vermoor is. Die tyd sal wel wys soos meer moorde gaan plaasvind. Korrupsie bring die slegste in mense na vore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.