Hý het Osama bin Laden doodgeskiet

Rob O'Neill

Rob O’Neill

Die man wat Osama bin Laden op 2 Mei 2011 tydens ’n klopjag op sy blyplek in Pakistan drie keer deur die kop geskiet het, se naam het uitgelek.

Rob O’Neill (38) van Montana in Amerika, se identiteit sou binnekort bekend word wanneer Fox News op 11 en 12 November ’n dokumentêr met die titel, “Die man wat Osama bin Laden doodgeskiet het,” in twee dele uitsaai. Fox het tot dan die naam probeer geheim hou, maar dit het intussen uitgelek.

O’Neill het in sy loopbaan as Seal van die Amerikaanse vloot 52 medaljes gekry, waaronder verskeie vir dapperheid. Hy was 16 jaar lank aan die vloot verbonde.

O’Neill se lewe is al drie keer in rolprente naamlik Zero Dark Thirty, Captain Phillips en Lone Survivor uitgebeeld. Klik hier om meer te lees.

Sy pa, Tom O’Neill, het trots aan die media bevestig dat dit inderdaad sy seun was wat bin Laden geskiet het. Op ’n vraag of hy nie bang is die IS (wat intussen meer aandag as terreurorganisasie kry as Al Kaïda) sal wraak neem nie, het hy gesê “hulle kan maar kom”. Hy sal ’n groot teiken vir hulle op die deur aanbring.

Bron: Trouw, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.