IAAF-atlete van die jaar aangewys

Die 2016 IAAF-atlete van die jaar Almaz Ayana en Usain Bolt saam met prins Albert II van Monaco (heel links) en IAAF pres. Lord Sebastian Coe (heel regs)

Die 2016 IAAF-atlete van die jaar Almaz Ayana en Usain Bolt saam met prins Albert II van Monaco (heel links) en IAAF pres. Lord Sebastian Coe (heel regs)

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het Vrydagaand tydens ʼn gala-geleentheid by Monte Carlo in Monaco dit topatlete van 2016 aangewys.

Die nege keer Olimpiese kampioen Usain Bolt is vir die sesde keer as manlike atleet van die jaar aangewys. Die Suid-Afrikaanse gunsteling, Wayde van Niekerk, het met Bolt meegeding om dié titel.

Ethiopië se Almaz Ayana, wat tydens die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro die 10 000 m-wêreldrekord met 14 sekondes verbeter het, is as die vroulike atleet van die jaar aangewys.

Die 30-jarige Bolt het by Rio sy derde Olimpiese titel in die 100 m, 200 m, en 4 x 100 m ingepalm.

Die Jamaikaan het die gesogte IAAF-toekenning ook in 2008, 2009, 2011, 2012 en 2013 ontvang. Hy het aangedui dat hy ná die wêreld-atletiekkampioenskap in Londen in 2017 wil uittree.

“As jy atleet van die jaar is, beteken dit al jou harde werk word beloon. Die sesde keer beteken vir my net so baie soos die eerste een,” het Bolt gesê.

Die 25-jarige Ayana het ʼn rekord verbeter wat 23 jaar gelede opgestel is toe sy binne 29 minute 17.45 oor die wenstreep gehardloop het. Sy het ook ʼn bronsmedalje vir die 5 000 m ontvang.

Kanada se Andre de Grasse (22) wat in Rio die silwermedalje vir die 200 m en bronsmedalje vir die 100 m verower het, is deur IAAF as die manlike opkomende ster aangewys en die Olimpiese sewekampatleet, Nafissatou Thiam (22), is as die vroulike opkomende ster aangewys.

Harry Marra het die IAAF-afrigtingstoekenning ontvang nadat hy Ashton Eaton gehelp het om ʼn tweede Olimpiese gouemedalje in die tienkamp te wen en Brianne Theison Eaton om ʼn bronsmedalje vir die sewekamp te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê John

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die berig is gewysig na 4 x 100 m.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

jaco ·

nie een van ons kwotaspan atlete onder die IAAF se atlete van die jaar nie. dit kom nou van raskwotas en nie meriete nie gebruik om n atleet in n span te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.