Die drieling is op 16 Mei in die Corpus Christi- mediese sentrum gebore. Wat die drieling ongewoon maak, is dat twee van die dogtertjies ʼn Siamese tweeling is. Volgens dokters is daar ʼn kans van 1 uit 50 miljoen om ʼn drieling normaal te verwek van wie twee ʼn Siamese tweeling is, het die Washington Post berig.
Die drieling is met ʼn keisersnee in die lewe gebring toe hul ma, Sylvia Hernandez, 34 weke swanger was. Al drie het 2,1 kg by geboorte geweeg. Die Siamese tweeling, Ximena Hackeline en Scarlett Juliet, sal na verwagting later vanjaar ʼn operasie ondergaan om hulle te skei. Die twee meisies is aan die pelvis geheg. Die ander dogtertjie is Catalina Montserrat.
“God het die babas vir ʼn rede vir ons gegee en dit bly ʼn wonderwerk dat Hy hulle vir ons gestuur het,” het Roel Torrez, die dogtertjies se pa, gesê. “Indien hulle nie geskei kan word nie, gee ons nie regtig om nie, want dit is wat God vir ons gestuur het en hulle is ons klein wonderwerkies.” Die egpaar het ook ʼn tweejarige seun.
Vader tog… daai name nou weer! Hoop hul bring hul ouers baie plesier.
Bsie baie sterkte,