Identiteit van skedel ná 14 jaar geëien

noordseeDie identiteit van ‘n vrou wie se skedel 14 jaar gelede in ‘n vissersnet in die Noordsee gevind is, is uiteindelik deur die polisie in Rotterdam, Nederland geëien.

Die skedel behoort aan ‘n 57-jarige Belgiese vrou wat vermoedelik selfmoord gepleeg het. Haar skelet is nooit gevind nie.

Die polisie in Rotterdam is besig om lyke op te grawe van mense wat identiteitsloos begrawe is, en hul DNS te vergelyk met die DNS van mense wat naasbestaandes lank vermis.

Die skedel van die vrou is teen die einde van Februarie opgegrawe, en die DNS klop met dié van haar Belgiese familie wat juis hiervoor DNS beskikbaar gestel het.

Bron: Mediaverklaring van Nederlandse polisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.