Die 19-jarige immigrant van Gaboen is Vrydag in die 22-jarige Marokkaanse vrou se tas gekry toe sy Ceuta uit Marokko wou binnegaan. Volgens wetstoepassers het die vrou veiligheidspunte by die grenspos probeer vermy en beamptes het agterdogtig geraak.
Die man is uit die tas gehaal en het onmiddellik mediese behandeling gekry. Intussen is ʼn 30-jarige Marokkaanse man Maandag ook by die grenspos in hegtenis geneem nadat hy glo twee immigrante in sy motor in Ceuta probeer insmokkel het.
en hoekom wil ons dit weet?
Ag asb tog rissiepit, blaai die blad om as JY nie wil lees!
Dit is immers beter as die moord wat ons elke dag van lees in SA.
Ons sit met ons eie immigrante chaos.
Kan maar net lag!!
Loooool
Imagine
Ja, ons land het genoeg probleme van sy eie en veral wat onwettige immigrante betref. Maar regtig, hierdie dui op ñ absolute desperasie onder dié mense om tot sulke uiterstes te gaan om uit hulle omstandighede te probeer ‘vlug’. Dis baie hartseer.
Ons is kleintyd onder die kombers by die drive-in ingesmokkel sodat my pa nie vir ons hoef te betaal nie…..
Ek kan dit onthou
One size fits all.. maak hom pas in die tas..
Moet nie nog idees gee nie …of nee wag hulle leer die skelmstreke by ons
Kan ‘n mooi liedjie word:
Geraamtes in die kas
‘n Man in die tas………
Hier by ons dra elke immigrant sommer sy eie tas. En soms help die owerhede hulle ook nog.
Ek vind die trauma en ontbering wat die kind moes en moet deurmaak verbysterend.
Die een anc minister het mos ook iemand so onwettig die land probeer inbring. Seker by die minister geleer toe werk dit nou nie lekker nie
Nie “probeer” nie, sy het die dame sommer op ‘n amptelike vliegtuig ingebring, sonder enige papierwerk. (En steeds wag ons dat daar iets van kom … tevergeefs)
Goeiste, hierdie ou moet in die Genius Book of Records kom, ek kan nie eers so lank in n vliegtuig se stoel sit sonder dat my bene dood begin voel nie en hy doen dit vir seker +-8 ure in n tas. Wens ek kon so klein en inmekaar krimp, maar naaste wat ek aan so plan sal kom is as ek in n krat klim op n skip, tas sal uit sy nate skeur. Het hulle ook nie die tas geweeg nie, hy weeg seker nie 30kg nie, hulle moes mos al daar gesien het dat daar fout is.
Die is onsettend hartseer; die arme mens!! genade dit moes hel gewees het in daai tas! siestog
Die vroutjie kan bly wees sy woon nie hier nie – hier mag niemand in ‘n kis of tas geprop word vir enige rede hoegenaamd nie. Wat gaan nou met die Marokkane aan?
Hie-hie-hie! Skerp!
Net Maandag na die Great Moscow Circus gaan kyk – daar was hoeka so ‘n ou wat homself so kan opvou! Hy moet maar by hulle werk probeer kry!
Dis tragies hoe ver mense gedryf word om hul leeswerk te verbeter. Armoede moet bestry word op alle fronte. Ons moet begin by ons eie voordeur. Hoe skep ons werkgeleenthede vir die Afrikaners binne sit plakkerskampe. Sorg vir jou eie gemeenskap se mens wat lei en swaarkry.