Immuniteit vir Mugabe; veiligheid verseker

Robert Mugabe (Foto: Wikimedia Commons)

Robert Mugabe, Zimbabwe se voormalige president, het immuniteit teen vervolging ontvang en daar is versekering gegee dat hy veilig sal wees in die land as deel van ʼn ooreenkoms wat tot sy bedanking gelei het.

Mugabe, wat al aan bewind was sedert Zimbabwe se onafhanklikheidswording in 1980, het Dinsdag bedank ná ʼn militêre oorname in die land. Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident wat vroeër vandeesmaand deur Mugabe afgedank is, word Vrydag as die nuwe president ingesweer.

ʼn Regeringsbron het gesê die 93-jarige Mugabe het aan onderhandelaars gesê hy wil in Zimbabwe sterf en het geen planne om in ballingskap te leef nie. “Dit was baie emosioneel vir hom en hy was baie ernstig daaroor,” het die bron, wat nie magtiging het om oor die besonderhede van die skikking te praat nie, gesê. “Dit was vir hom baie belangrik dat sy veiligheid gewaarborg is, alhoewel dit hom nie sal verhoed om oorsee te reis wanneer hy wil of moet nie.”

Mugabe het Dinsdag bedank toe die parlement begin het om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Sy bedanking het tot groot feesvieringe in die strate gelei. Sy vinnige ondergang ná hy 37 jaar aan bewind was, het begin tydens ʼn stryd oor wie hom sal opvolg – Mnangagwa of sy jonger vrou, Grace.

“Die uittredende president is uiteraard bewus van die publieke vyandigheid teenoor sy vrou, en die woede in sommige kringe oor haar optrede en hoe sy Zanu-PF-politiek genader het,” het nog ʼn bron gesê. “In daardie verband was dit nodig om hom te verseker dat sy hele familie, insluitend sy vrou, veilig sal wees.”

Mugabe het aan die mag bly vasklou en talle Zimbabwiërs was woedend toe hy nie Sondag tydens ʼn regstreekse beeldsending bedank het, soos talle verwag het nie.

Volgens die bron het hy van plan verander toe hy besef het hy sal in ʼn staat van beskuldiging geplaas word en gevolglik sonder enige waardigheid ontsetel word. “Toe die proses begin het, het hy besef hy het die party verloor,” het die persoon gesê.

Mugabe sal ʼn aftredingspakket ontvang wat ʼn pensioen, behuising, vakansie- en reistoelaag, mediese fonds, beperkte vliegtuigreise en veiligheid insluit, kragtens wetgewing in Zimbabwe.

Hy sal moontlik in die volgende paar weke na Singapoer reis vir ʼn mediese ondersoek. Hy sou in die middel van November na Singapoer gereis het voor die weermag hom onder huisarres geplaas het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Daan ·

Nee. Hulle is almal Zunu PF. As jy aan gekla word gaan hulle ook saam aan gekla word. Sy eie party het hom a soft landing gegee.

Boerseun ·

Hy kan in ander lande aangekla word. Maar die VN stel ook net belang om 100 jaar oue Duitsers te vervolg, dink sy tyd is min so gaan nie lank nog leef nie.

Gawie ·

Nou toe nou !
Kom SA laat ons onse Zuma ook kry om te bedank

Ben ·

En al die staatsgeld – dat wat nog van oor is – wat in sy broeksak het beland, moet dit nie weer terug in die staatskas kom nie?

HPV ·

Hy stroop en vernietig sy land ekonomies, pleeg talle misdade teen sy landsburgers. Stap dan skotvry weg en dieselfde landburgers moet hom in weelde en veiligheid versorg vir die res van sy lewe. Dit is om van siek te word!

Linda Koekemoer ·

Ten minste Weet Ek Hy gaan nie gevrywaar Wees van vervolging as hy dood gaan nie. Daar wag vergelding vir Sy Dade Op aarde. Dankie Here daarvoor

Johann Marx ·

Ek lees in AL die gedrukte Media berigte hoe daar verwys word na die “transfer of power”….nie “transfer of leadership” nie, nee….TRANSFER OF POWER..want dit…is hoe Afrika werk nie. Nie met “achieve” nie, nee….”struggle”. Nie met “productivity” nie, nee….met “transformation”. Nie met “leader” nie, nee….met “ruler”!! Afrika sal nooit verander nie, want dit kan nie….

Hendrik ·

Vrywaring van vervolging gekry? Veiligheid gewaarborg? So wat het hy dan nou eintlik verkeerd gedoen? Belaglik!

E.K. die eerste ·

Natuurlik word hy en vroutjie gevrywaar van vervolging want die nuut verkose leier was self aandadig aan martelings en moorde. So die pot kan die ketel nie verwyt nie. Ek sal maar versigtig wees as ek nuwe leier is – Grace “won’t take this lying down” sy wou die oppermag hê so ek sal maar kort-kort agter my kyk as ek hy was.

John ·

Mogabe is ‘n ou jakkals en hy het beslis ‘n paar planne gereed. Hy glo sekerlik ook hy word steeds deur die massas aanbid en is skuldloos. Sy vroutjie gaan vir nog groot opskuddings sorg… daar en hier. As SA-burger kan sy dalk later probeer om hier die troonsaal te betree. Bewaar ons asb teen assiel vir die Mogabe’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.