In dié lande word Christene ergste vir geloof vervolg

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Volgens Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys neem die vervolging van Christene beduidend in Afrika toe en is dit kommerwekkend om te sien hoe die Covid-19-pandemie diskriminasie teenoor Christene verder vererger het.

Geopende Deure stel elke Januarie ʼn lys met die top-50 lande waar Christene die ergste vervolg word, bekend.

Vervolging in Afrika

Volgens vanjaar se lys is daar ʼn drastiese toename in Afrikalande. Altesaam 19 van die 50 lande is in Afrika en vier Afrikalande is onder die top-10.

“Vervolging staar nou een uit elke ses Christene in Afrika weens hul geloof in die gesig. Geweld teen die kerk in Afrika suid van die Sahara het die afgelope twee jaar met 30% toegeneem,” sê die organisasie.

Volgens die lys met die topvyf lande waar die meeste gewelddadige vervolging van Christene voorkom, is vier uit die vyf lande op die ranglys ook in Afrika. Die lande is in die eerste plek Nigerië, waar tien Nigeriese Christene onder meer op Kersdag in 2019 deur die Islamitiese Staat (IS, voorheen ook as Isis bekend) onthoof is, gevolg deur Pakistan, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Mosambiek en Kameroen.

Die DRK is vir die eerste keer ooit onder die top-50. Dié land is vanjaar nr. 40 weens geweld deur die Geallieerde Demokratiese Magte (ADF). ʼn 2020-verslag deur die Verenigde Nasies beraam dat hierdie groep, wat met IS verbind word, waarskynlik oorlogsmisdade en ander algemene misdade teen die mensdom gepleeg het. Hulle het sedert die begin van 2019 al meer as 1 000 burgerlikes doodgemaak.

Weens ʼn toename in aanvalle deur Islamitiese ekstremiste die afgelope jaar het Mosambiek die top-50 betree. Dit is slegs die tweede keer sedert 1993 dat dié land in die top-50 is. Die provinsie Cabo Delgado het sedert 2017 al onder meer as 600 aanvalle deurgeloop waarin meer as 1 150 mense dood is. ʼn Vertakking van Al-Shabaab, wat Sharia-wette in die provinsie wil afdwing, is glo hiervoor verantwoordelik.

Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, sê die skerp styging van vervolging in Afrikalande weens die verspreiding van Islamitiese militante, radikale ideologieë en ekstremistiese aanvalle is veral kommerwekkend.

Invloed van die Covid-19-pandemie

‘n Vrou in Soedan (Foto: Verskaf)

 ʼn Kommerwekkende neiging is die verskynsel dat onderliggende diskriminasie, onregverdige behandeling en die vervolging van Christene deur die wêreldwye Covid-19-pandemie beklemtoon en vererger is.

Christene word noodleniging in talle lande geweier en die inperkings beteken dat baie Christene nie kan werk nie en in beperkte ruimtes vasgekeer is saam met diegene wat vyandig teenoor hul geloof is.

Die pandemie het bestaande sosiale, ekonomiese en etniese kwesbaarhede van miljoene Christene wêreldwyd beklemtoon en vererger.

Die navorsing wys ook dat die Covid-19-inperkings gebruik word om Islamitiese ekstremisme in Afrika suid van die Sahara te versprei. In die Sahel-streek word Islamitiese ekstremisme deur onregverdigheid en armoede aangevuur.

Die Menseregtekommissie meld dat daar, ondanks Covid-19-inperkings, tussen Januarie en Julie verlede jaar meer as 85 aanvalle op opvoedingsinstansies in Burkina Faso, Mali en Niger was. Christene het gemeld dat die inperkings hulle maklike teikens gemaak het, want dit lyk of die veiligheidsmagte met die plunderaars saamgespan het.

In Mexiko en ander Latyns-Amerikaanse lande het die stryd om die koronavirus te bekamp dit moeilik gemaak om georganiseerde misdaad hok te slaan, met dwelmhandelgroepe wat hul eie Covid-19-aandklokreëls in vier Mexikaanse streke ingestel het.

In Colombië het georganiseerde misdaadgroepe hul beheer gedurende die pandemie verstewig deur die regering se aandklokreëls en beperkings vir hul eie doeleindes te misbruik.

“Dit is ook baie ontstellend om te hoor hoe die wêreldwye Covid-19-pandemie gebruik word om die vervolging van Christene te verskerp en om noodleniging aan hulle te weier. Vir Geopende Deure as ʼn organisasie beklemtoon dit weereens die belangrikheid van ons werk om Christene wêreldwyd by te staan, te ondersteun, voorspraak te maak vir hul regte en godsdiensvryheid, en om hulle daaraan te herinner dat hulle nooit alleen is nie,” sê Gouws.

Die lys

Noord-Korea is vir die twintigste jaar agtereenvolgens boaan die lys. Hierdie land is sedert 2002 deurlopend aan die voorpunt van die rangorde as die land met die ergste vervolging van Christene. Kort op sy hakke is Afganistan in die tweede plek en Somalië in die derde plek.

Bloot onder die lys se top-50 lande ervaar meer as 309 miljoen Christene – dit is een uit elke agt Christene – oor die wêreld ernstige vervolging vir hul geloof. ʼn Vlak van vervolging wat as uiterste vervolging, baie hoog of hoog gemeet word, staar Christene in 74 lande in die gesig.

 Die top‑10 lande in die 2019‑WWL waar Christene tans die meeste vervolging ervaar, is soos volg:

  1. Noord-Korea
  2. Afganistan
  3. Somalië
  4. Libië
  5. Pakistan
  6. Eritrea
  7. Jemen
  8. Iran
  9. Nigerië
  10. Indië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Werner ·

Wel solank die ander wang altyd gedraai moet word gaan sekere christene pak kry.Tyd dat n oog vir n oog weer geleer word

Fluisterwind ·

Goeie dag Werner. Die betekenis van om die ander wang te draai, is om jou teenstaander skaam te maak. In daardie tyd sou die persoon jou dus met die agterkant van sy hand moes slaan, wat ‘n groot skande op die aanvaller sou laat. Selfde met die ekstra myl loop, die soldaat wat dit van jou verwag kon dadelik ontslag ontvang sou hy uitgevind word, dat hy so iets van jou verwag. Ook selfde met wanneer iemand jou bo kleed sou vra, om ook die onderkleed dan te gee, sou die persoon skaam maak. Skande was ‘n groot saak in die antieke tyd.

Werner ·

Wel dit lyk nou nie of die ouens wat die mense so vervolg hulle dood skaam nie

Johan ·

Jy vertolk dit bitterlik verkeerd vriend. Ons mag onself beskerm…nog altyd.

Anoniem ·

Werner die keuse lê by elkeen van ons. Gaan ons terugbaklei of gaan ons doen wat God van ons verwag? God laat dit aan ons oor om self te besluit. Maar ons moet onthou, daar is nagevolge vir ons dade.

JM ·

Werner, waarvan praat jy? Vir ‘n Christen geld nie: “‘n oog vir ‘n oog” nie. Ons kan net ernstig vir hierdie Christene bid, dat hulle nie hul geloof versaak nie.

Porseleintjie ·

Daardie gebed JM moet ook vir Christene op jou voorstoep gedoen word. Kyk wat in SA self aangaan. Malls is oop maar kerke gesluit. Dit se genoeg. Bid dat ons mense die Here sal vind terwyl Hy nog te vinde is.

My siening ·

Dis lande soos ons waar daar net op ras op getree word. Wat van diskriminasie teen christene, want
hoekom boicott ons nie pakistan krieket nie. Want die land van ons is net behep met ras, korrupsie en misdaad. Hoop ons sal weer vryheid beleef in die diktator beheer!

katerinadiekat ·

Onder n Biden-Harris presidentskap sal Amerika oor 4 jaar seker ook op hierdie lys wees.

Sara ·

Ek is nogal verbaas om Pakistan en Indië op die lys te sien. Het dit nie verwag nie, alhoewel ek weet hulle is nie Christen lande nie, het ek nie gedink hulle vervolg Christene nie. Dit is baie hartseer.

Pierre ·

Maar in ons land word moskees gebou en agter oor gebuig vir ander. Ons mos polities korrek. Duh?

Rhona ·

Hene Werner nou praat jy n pot vol nonsens. Hou op met hierdie Ou Testamentiese Israeli Vision snert en keer terug na die Bybel. Ou EN Nuwe Testament.

Werner ·

Nou net omdat ek uit die ou testament aanhaal os ek Isreal vissie.Jy behoort seker aan die kumbaja klub.Jacobus wat in die nuwe testament is se dat geloof sonder dade niks beteken nie.Dankie tog dat die voortrekkers by Bloedrivier en elders nie soos jy gedink het nie anders was hulle almal dood.Miskien moet jy weer jou hele bybel van Genesis tot Openbaring begin lees dan sal die skille van jou oe afval

Sarel ·

Kommentare verbaas my. Dit is wat gebeur wanneer jy nie Godsdiensvryheid waardeer nie..

Porseleintjie ·

Ja Sarel. Die wa word nou getrek en gestoot terselfdertyd. En dit beweeg nerens heen nie, want hoe help God ons as daar nie eenheid is nie?

Porseleintjie ·

Op ons eie sosiale media is daar Christen vervolging. Het nou al 2keer reply Sarel maar dut word verwyder.

Francois Le Cochon ·

Dan speel ons nog krieket teen Pakistan en Indie?

Willem ·

Ja want daar is geld te make uit die krieket.Ons sport handel net oor geld,bid vir mammon!!!

Willem ·

Ek stel voor dat al hierdie lande wat Christene vervolg,se burgers wat ons land se werk en hulpbronne misbruik,uitgegooi word terug na hul eie lande.Gooi alle Pakistanis,Indiers en Nigeriërs uit hierdie land dan sal dit beter gaan,en ja sommer die chinese ook!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.