In Duitsland word beslag gelê op eiendom

Vlugtelinge skuil by 'n geboue. Foto: DPA

Vlugtelinge skuil in ‘n geboue. Foto: DPA

Uit verskeie Duitse stede word berig van eiendom waarop beslag gelê word. Daar word geskat dat ongeveer ’n miljoen vlugtelinge net vanjaar al in Duitsland aangekom het.

In Hamburg word aan ’n wet gewerk om huisvesting vir die nuwe vlugtelinge te bewerkstellig. Die wet, genaamd “Gesetz zur Sicherung der Flüchtlingsunterbringung in Einrichtungen”, gee die staat die mag om op eiendom beslag te lê. Die wet sal 1 November van krag wees.

Die doel is om veral leegstaande geboue op te eis. Geboue wat pakplek verskaf het of as supermarkte gebruik is, word in die visier geneem. Wooneiendom word tans nog nie deur die plan geraak nie. Voorheen het die Duitse polisie wel die reg gehad om beslag te lê op eiendom indien dit sou geld vir die afweer van gevaar wat die gemeenskap bedreig. Dit was egter moeilik om hierdie reg op die publiek af te dwing.

Selfs sonder die wet word die toestand deur vele verenigings glad nie verwelkom nie. In Nieheim is huurders ingelig dat hulle hul woonstelle moet ontruim. Die munisipale woonstelle word benodig vir die vlugtelinge. Daar word gevrees dat sulke stappe die sogenaamde “welkom-kultuur” wat tans nog in Duitsland heers in die kiem sal smoor. Die burgemeester het selfs moorddreigemente ontvang toe die inwoners hoor dat baie vlugtelinge op pad is na hul dorp wat maar net 6 400 inwoners het.

In Berlyn is ’n kompleks in Friedrichshain-Kreuzberg in die spervuur. ’n Ierse belegger het die gebou gekoop en dit staan tans nog leeg. Nou wil die stad Berlyn dit opeis om verblyf vir die vlugtelinge te gee. Verskeie mense vrees dat hul eie eiendom se waarde sal daal indien sulke geboue vol vlugtelinge in hul omgewing ontstaan.

September 2015 was ’n rekordmaand vir Duitsland. Nog nooit vantevore het meer vlugteling in een maand in Duitsland opgedaag nie. Die skatting trek tans by 10 000 mense per dag. Die winter is op hande en al die mense het huisvesting nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gert Petzer ·

Wanneer gaan hulle besef dat dit nie vlugtelinge is nie maar wel n’ beweging wat gefinansier word om Duitsland se mens en kultuur te vervang met moslem geloof en tradisies vir die een wereld orde.

Bravo ·

Gert, jy en my man dink en redeneer presies dieselfde …. well done!!

Prit ·

100% in die kol, Gert.

Kyk bietjie op you tube vir Walter Veith se Total Onslaught reeks, dit begin stadig maar druk deur tot by die 6de lesing, sal jou uitsig op sake bakie verskerp.

Dominique van Vuuren ·

Mense in Suid Afrika weet dit!!dit is om westers kultuur te ower, niks anders nie, wil alleen die geld he en dit se hule self. hulle is nie regtig honger nie, nie regtig “vlugtelinge” nie, hulle skel almal uit en aanvaar geen kos of blyplek want di nie Luxe genoeg,,, Vlugteling???

Julia ·

Ek stem saam! Een of nder grootkop moslem het glo gesê: “We will take Europe without a war” Dis baie baie erg!!

Loeis ·

Ek hoop die mense wie hulle so aangery het verloor eerste hul eiendom.

Hulle wou mos die spulletjie so graag daar he. Wat jy saai is wat jy maai. Laat mens so bietjie aan Suid-Afrika dink…

Genis ·

Ja en die groot golf vlugtelinge is nog oppad… ‘n tsoenamie! Dink nie die Duitsers gaan dit sommer sluk nie, nie met die geboue waarin vlugtelinge gehuisves word wat reeds deur kwaai Duitsers afgebrand word nie. Hier kom ‘n lelike ding.

Martie Dippenaar ·

Dalk kry die Europieers nou dit wat hule op ons afgedwing het…

Evert Louw ·

Die deursnee Duitser is al keelvol vir liberaliste en asielsoekers.Hier kom groot probleme vir Merkel. Die Duitsers is ook al moeg vir die Nazi skuldgevoel.Hulle wil aanbeweeg. Hoe lank moet hulle en ons nog se:”Jammer.”
.

jacques ·

Dit is deel van die one world order se plan om gahos in wereld te veroorsaak ,wat almal se dis nie waar nie.Ek weet al jare van die one order en kan net nie insien dat niemand dit ook kan raaksien nie.
Meskien is iets vout met my kop dan seker dat ander mense dit nie raaksien nie.

Stefaan ·

Vir wat dit werd is, Oom siener het dit honderd jaar gelede al voorspel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.