Minstens 211 werknemers van die semi-staatsbestuurde Turkse lugdiens is hul werk kwyt oor hul beweerde steun aan die sogenaamde Gülen-beweging. Erdogan het ná die mislukte staatsgreeppoging vroeër vandeesmaand aangekondig dat hy die land gaan “skoonmaak”.
Daar word beweer dat meer as 30 000 soldate, polisiebeamptes, onderwysers en staatsamptenare reeds afgedank is en dat talle van die amptenare selfs in hegtenis geneem is.
Die beweging van akademiese personeel aan universiteite word gemonitor en hulle kan nie somaar die land verlaat nie. Minstens 42 joernaliste is die afgelope weke in hegtenis geneem.
Erdogan hou vol Fethullah Gülen sit agter die staatsgreeppoging. Gülen het in 2009 uit Turkye gevlug en woon tans in ʼn afgesonderde, omheinde kampong in die Pocono-bergreeks in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië.
Herman Toerien het geskryf:
”.Voorlopige aanduidings dui daarop dat die staatsgreepleiers juis weer dit in die oog gehad het om die land grondwetlik na die leerstellings van Atatürk the “herset”…”
Regtig Herman? Watter leiers was dit?
Gülen het gestel dat dit Erdoğan self is wat hierdie ‘staatsgreep’ georganiseer het en ons moet dié moontlikheid nie vergeet nie.
Hoe kan dit wees dat in 2 dae tyd Erdoğan ‘n lys van 50 000 teëstanders wat aangehou is uit die lug getoor het ? Dit vereis mos baie langer om dit saam te stel?
Die ‘staatsgreep’ hulle het die parlementsgebou in Ankara beskiet. Hoekom? Dit was ‘n leë gebou.
In 1933 het Hitler ook die Reichstag in die brand gesteek. Het ons dit vergeet? En het ons vergeet hoekom Hitler dit gedoen het?
Erdoğan is ‘n gevaarlike diktator. Met hom in die NATO is Europa nie veilig nie. Die Grieke en die Bulgare het begin dit te besef, maar mrs May reis na Pole om daar Neville Chamberlain te speel. Sonder Biritish Empire soos Neville wel gehad het.