Indië nou ook ruimtemoondheid

Mangalyaan Foto: @MarsCuriosity op Twitter.

Mangalyaan Foto: @MarsCuriosity op Twitter.

Die suksesvolle plasing van ’n Indiese tuig die week in ’n wentelbaan om Mars maak van Indië die eerste Asiatiese land wat dié prestasie met sukses kon vermag.

Japan en China se vorige pogings het misluk. Selfs Rusland kon die laaste 20 jaar nie daarin slaag om ’n tuig suksesvol in ’n baan om Mars te plaas nie.

Boonop het Indië dit “spotgoedkoop” reggekry met ’n begroting wat kleiner is as die begroting vir die maak van die rolprent, Gravity. Die tuig staan as die “Mangalyaan” bekend, die Hindi-woord vir Mars-skip.

Kort na Mangalyaan se aankoms by Mars het Nasa se tuig op Mars se oppervlak, Curiosty ’n woord van verwelkoming aan hom getwiet (sien twiets onderaan berig)

Die Indiese tuig sal Mars se atmosfeer vir die aanwesigheid van metaangas ondersoek. Sou dit gevind word, kan dit moontlik op die teenwoordigheid van mikroskopiese lewe dui.

Indië self het die prestasie met ‘n potjie gholf vergelyk, waartydens die speler met een dryfhou ’n kolskoot van Indië tot op ’n gholfbaan in Brittanje slaan.

Bronne: Times of India, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.