Indië-vloede: Minstens 52 dood

Foto: AP Photo/Anupam Nath

Foto: AP Photo/Anupam Nath

Derduisende mense is ontwortel en minstens 52 dood weens erge reën wat tot vloede gelei het in Indië.

Die Indiese state Assam en Bihar is die swaarste getref met 26 mense wat in Assam dood is. Paaie en telefoondrade is beskadig en duisende is dakloos gelaat. Die Brahmaputra-rivier het in 18 van Assam se distrikte oorspoel.

Rajnath Singh, Indië se minister van binnelandse sake, het oor die naweek oor die gebiede wat die swaarste getref is gevlieg. “Ons doen alles wat ons kan om die mense te help, maar ons het ʼn plan nodig om sulke ernstige situasies die hoof te bied,” het Singh gesê.

Rampbestuur-owerhede het gesê nagenoeg twee miljoen mense word deur die vloede geraak. “Mense is vasgekeer in hul huise, het skade gelei aan hulle landerye en is dakloos gelaat”.

Foto: AP Photo/Anupam Nath

Foto: AP Photo/Anupam Nath

In Bihar is 350 tydelike kampe opgerig waar voedsel en ander benodighede voorsien word.

In die Kaziranga Nasionale Park in Assam is talle areas onder water en is die karkasse van ses skaars eenhoringrenosters reeds opgespoor. Nóg een is dood in ʼn ander nasionale park.

Vloede is ʼn jaarlikse verskynsel in Assam en ander dele van Indië tydens die Junie-September reënseisoen.

Nog reën word voorspel vir die volgende paar dae en die owerhede het die hulp van die weermag

aangevra.

Foto: AP Photo/Anupam Nath

Foto: AP Photo/Anupam Nath

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.