Indiese aardbewing eis lewens

Die aardbewing het verwoesting gesaai. Foto: AP Photo/Worshon Ngashangva

Die aardbewing het verwoesting gesaai. Foto: AP Photo/Worshon Ngashangva

Minstens vier mense is dood en honderd beseer toe ’n aardbewing van 6,7 die noordooste van Indië getref het.

Die skudding is ook in Bangladesj en Mianmar gevoel. Die dodetal sal na verwagting verder styg.

Die episentrum van die aardbewing was 22 km noordwes na Imphal, die hoofstad van die provinsie Manipur.

’n Nuwe gebou van ses verdiepings is een van die geboue wat ineengestort het. Daar is min hoë geboue in dié deel van Indië.

Bronne: Belga, USGS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.