Indiese bevolking steek China binnekort verby

Indië se vlag. (Foto: Naveed Ahmed via Unsplash)

Indien die Verenigde Nasies (VN) se ramings in die kol is, gaan Indië vir China teen die middel van die jaar as die digbevolkste land ter wêreld verbysteek.

Dit sal beteken dat byna een uit elke vyf mense op aarde Indies sal wees.

Luidens ʼn VN-verslag sal Indië se bevolking na verwagting teen die middel van die jaar op 1,4286 miljard mense staan vergeleke met China se bevolking van 1,4257 miljard mense. Data het vroeër vanjaar getoon dat China se bevolking verlede jaar vir die eerste keer in meer as ses dekades gekrimp het.

Die jongste verslag voorspel verder dat die algehele wêreldbevolking teen dieselfde datum 8,045 miljard mense sal bereik.

Indië het egter geen onlangse amptelike data oor sy bevolkingsgetalle nie en die land het in 2011 laas ʼn sensusopname gedoen het. ʼn Opname sou in 2021 gedoen word, maar is deur die Covid-19-pandemie vertraag.

Logistieke uitdagings en politieke onwilligheid vertraag die proses nou verder, wat dit onwaarskynlik maak dat die massiewe opname binnekort gaan gebeur.

Kritici voer aan die regering vertraag die sensusopname doelbewus om data oor omstrede kwessies soos werkloosheid te verskans voordat die nasionale verkiesing volgende jaar gehou word.

Volgens die Pew Research Centre het Indië se bevolking sedert 1950 met meer as een miljard mense gegroei.

Die VN het in dieselfde jaar begin om bevolkingsdata te versamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

TruthDealer ·

Nou dink ek terug aan die heerlike kerries wat ek destyds in Durban kon eet. Prawn curry, hemels. Die vroue het altyd so mooi gelyk in hul lieflike kleurvolle sari rokke. Vriendelik ook. Ek het nie n probleem met Indiërs nie.

Cherokee ·

Ook ek het geen probleme met Indiërs. Inteendeel, sommige is vriende. En oor die kerriekos stem ek saam, net nie die prawn-gedeelte. Dit is nie werklik soos die storievertellers sê, dat die Indiërs die kerrie-eters is nie. Sommige van hulle ja, en ander nie. Ons gebruik self in die huis sterker kerrie as die standaard. Die standaard is mos om die kos net so effe te kleur en te geur daarmee.

Cherokee ·

Derde met wat? In Durban is die digste bevolking Indiërs buite Indië, ter wêreld.

otter ·

jong ja ek sallie brag as ek hulle is nie. dinge in daai land lyk maar walglik en enige company wat sy dienste soontoe stuur omdat dit goedkoper is , is in vir n surprise.

Manie ·

Ek wonder ook wat die rede is vir die baie gestremde, misvormde mense in (ek dink) Jaipur gebied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.