Lande help Indonesië soek na duikboot met 53 aan boord

Die Indonesiese duikboot KRI Nanggala (402) (Augustus 2015) (Foto: Argieffoto van ʼn KRI Nanggala 402 (Foto: Amerikaanse Vloot deur Mass Communication Specialist 3rd Class Alonzo M. Archer via Wikimedia Commons)

Singapoer, Australië en Indië het reeds reageer op Indonesië se versoek om internasionale hulp ná hy Woensdag kontak verloor het met ‘n duikboot met 53 bemanningslede aan boord. Die Indonesiese weermag het kontak verloor met die tuig tydens vlootoefeninge aan die kus van Bali.

Die Duitse KRI Nanggala 402 is geskeduleer om torpedo-oefeninge uit te voer toe hy vroeg Woensdagoggend toestemming gevra het om te duik, het owerhede gesê.

“Ná toestemming gegee is volgens die prosedure, is kontak verloor met die duikboot en kon nie bereik word nie,” het die ministerie van verdediging gesê.

ʼn Helikopter is uitgestuur om na die vermiste tuig te soek in water waar olie uitgelek en die duikboot vermoedelik onder die water verdwyn het.

Die vloot het ook oorlogskepe van die noordelike kus van die vakansie-eiland ontbied om na die duikboot te soek. Ander lande in die streek se hulp is ook ontbied. Die vloot het ʼn internasionale nood-oproep uitgestuur. “Verskeie lande het reeds reageer en is gereed om te help, insluitend Singapoer, Australië en Indië,” het die ministerie bygevoeg.

Daar was 53 bemanningslede aan boord die tuig in water wat sowat 700 m diep is.

Indonesië het die afgelope paar jaar sy weermagtoerusting opgradeer en het vyf Duitse en Suid-Koreaanse duikbote in sy vloot.

Die 1 300 ton KRI Nanggala 402 is in 1978 gebou, aldus ʼn regeringswebwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Realis Thailand

Ek het nie veel hoop vir hulle maar my simpatie met die Weermag en die mense
Woon nie te ver van die plek af nie

Nie Verbaas

Bly hoop hulle word lewendig gevind. Dit moet aaklig wees.

Tiptol

Hulle het torpedo oefeninge uitgevoer….. Nou help ander lande soek na die duiboot. Net iets wat my opval van ons wêreld.

Cheetha

Wat is die kans dat hulle gevind sal word? Seker nie baie nie, dit moet vreeslik wees. Kan n mens homself voorstel wat die toestand en gemoedere in so n geval in daardie duikboot is.

Niklaas

Daar is min erger wyses om te sterf as hul in daardie situasie . Ek kan my net voorstel die angstigheid , die vrees in afwagting, en die verskriklike wete dat die suurstof spoedig gaan opraak. Voel werklik so jammeer vir hul en wens uitkoms en redding is net om die draai .