Indonesië stel agt van nege dwelmveroordeeldes tereg

Mense het Saterdag in Parys teen die beplande teregstellings betoog. Foto: AP Photo/Jacques Brinon

Mense het Saterdag in Parys teen die beplande teregstellings betoog. Foto: AP Photo/Jacques Brinon

Indonesië het agt van die nege dwelmveroordeeldes oor wie se voorgenome teregstelling ’n storm losgebars het, tereggestel.

Slegs een van die veroordeeldes, ’n Filippynse vrou, is op die nippertjie begenadig nadat nege doodskiste reeds by die teregstellingsterrein afgelewer is.

Veral Australië, van wie twee burgers tereggestel is, is die josie in en het sy ambassadeur in Indonesië teruggeroep. Ook Brasilië, van wie een burger tereggestel is, het sy skok uitgespreek. Dit is die tweede Brasiliaanse burger wat binne drie maande in Indonesië weens dwelmhandel tereggestel is.

Vier Nigeriërs tel ook onder die tereggesteldes.

Die Filippynse vrou is blykbaar begenadig toe inligting aan die lig gekom het wat op die vrou se moontlike onskuld dui.

Pres. Benigno Aquino III van Indonesië wat onlangs aan bewind gekom het, het sy verkiesingsveldtog daarop gebou om die stryd teen dwelmsmokkelary te verskerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

ladybug ·

Nee wat ek stem saam met hierdie president! As dit dan al manier is wat werk, doen dit! Wens dit wil in ons land gedoen word!

Hennie ·

Stem 100%, indien die dwelm smouse nie gesmokkel het nie of betrokke was by dwelms nie dan sou hul nie tereggestel gewees het nie. Hulle kan duisende en self’s miljoene mense se lewens verwoes en neem maar hul moet begenadig word om weer hoort te gaan. Ek het met honderde mense te doen gehad wat se lewens vernietig is deur dwelms en die handelaars en smouse moet vat waar voor hul vra.

Dave ·

Een, slegs een sin in die hele berig plaas jul handeklap op ‘n weegskaal, Lady.
Die sin wat lui dat die Fillipynse vrou blykbaar begenadig is nadat inligting aan die lig gekom het wat op haar moontlike onskuld dui. Dit klink asof alles in ‘n oorhaastige manier afgejaag is en nie een, nie eens een van julle wat handeklap en saam sing ‘Skiet die kroek’ verwys eers daarna dat daardie inligting blykbaar nèt netyds was om haar te red.

Christo Visagie ·

Ek juig daaroor want ek het geen simpatie met dwelm smokkelaars nie. Gaan kyk na wereld wye elende as gevolg van dwelms.

Oom Koos ·

Die ou liberale omies en anties wat so begaan is oor die lot van dwelmsmouse moet eerder dink aan al die slagoffers van dwelmisbruik. Dis die mense waaroor ek eerder ween as die smouse van die dood.

EMK ·

Oom Koos – ek hou van jou “smouse van die dood” – ek kon dit nie beter stel nie!

Dave ·

Die vraag is nie of jy dit ‘beter kon stel’ maar eerder of jy dit net so goed kon stel.

Asjas ·

Ek stem nou nogal met almal van julle saam. Hierdie mense kan net sowel vir moord aangekla word. Hulle is verantwoordelik vir elke persoon wat al dood is agv ‘n oordosis dwelms of iemand se lewe geneem het tydens ‘n roof om dwelms te kan koop. Hier by ons gebruik kinders so jonk as 8 al dwelms en steel al die water meters se deksels af om te kan dwelms koop!! Ek wens ons regering was ook so streng.

George ·

Dis reg laat hulle hang . Dink hoeveel mense het hulle al dood gemaak met drugs wat hulle verkoop het en mee ryk word het en blink karre ry en lekker lewe ly .

Charles ·

Gee daai President vir ons dan sien jy hulle sal nie genoeg kiste he vir die gemors in SA nie

Ed ·

Hulle maak soveel mense dood deur drugs, hulle is gewetenlose moordenaars en bring net ellende. Tyd dat die doodstraf hier ook terug kom

Peet Schabort ·

Mens sou die president ‘n Bells wou gee maar hy kan dit dalk sien as ‘drugs’.
Gee hom egter ‘n stywe handdruk en ek stem volkome saam met vorige skrywes.

snip ·

Hierdie was nie n oorhaastige teregstelling nie, hulle moes al Februarie voor n vuurpeloton tereg gestel geword het, met al die onderhandelinge was dit elke keer uitgestel (en van hulle was al jare in die tronk in Indonesië), en met die vrou wat die dood vrygespring het, het n dwelmhandelaar hom/haar blykbaar n dag voor die teregstelling oorgegee en haar lewe is gespaar want sy moet getuig in die saak. Almal wat buitendien hier betrokke was, is mense wat uit lande kom met slap regstelsels, of eerder waar jy net tronkstraf kry. Ek glo nie hulle het gedink hulle sal met hul lewens vir hierdie daad betaal nie. As die doodstraf in meer lande toegepas word, dan sal mense twee keer dink voor hulle sulke goed aanvang. Ek voel ook hulle het dit verdien. Dis vreeslik erg om te sien wat die familie deurmaak en hoe dit hulle raak, maar om dwelms te smokkel en ander se lewens te vernietig is so goed soos om die doodstraf aan ander onskuldige mense oor te dra. Daar is mense wat sê in die geval met die doodstraf is so persoon weg en kan hulle nie inligting gee om ander te help vastrek nie, of bewyse sterf saam met hulle; wel dan is dit nou maar so, maar as jy nie volgende die reël en wette optree nie, moet jy die gevolge dra. My hart gaan egter uit as iets in iemand se tas gedruk is en hulle is onskuldig, ek is nie seker hoe maklik dit kan gebeur nie, soos met Schappel Corby.

Dave ·

Jou verwysing na Schapelle Corby het my gemotiveer om haar storie te lees in Wikipedia en meer van die handeklappers kan dit gerus ook doen. My opsomming daaroor is dat teregstellingswette nie toegelaat moet word in die hande van onbevoegde regerings. Daar is beslis plek daarvoor in Suid Afrika maar dit is ook ‘n weerspreking omdat die Suid Afrikaanse regering totaal en al onbevoeg is.

Dirk van Rhyn ·

Ek het ook geen simpatie met dwelm smokkelaars nie, maar…………………..
Die twee Aussies was tien jaar lank in die tronk en het hulself volkome gerehabiliteer.
Een is homself gekwalifiseer as ‘n Christelike Dominee en die ander as ‘n goeie kunstenaar.
Hulle het vele ander gevangenes bygestaan met berading en bystand.
Wat doodgekiet was gister was nie twee bwelm smokkelaars nie maar ‘n dominee en ;n kunstenaar.
Ek verstaan een van die maklikste plek om dwelms in Indonesieë te koop is die tronk waar die gevangenes aangehou is!
Met ander woorde die doodstraf het in hierdie geval niks positief bereik nie – eerder die teendeel.

Rupert Ashford ·

Dirk ek hoor jou. Vanwee my blyplek het ek hierdie drama redelik direk voor my sien afspeel. Glo my die Indonesiers doen nou nie eintlik moeite om dit op ‘n beskaafde manier te doen nie – dit is maar dieselfde ou “chip op die skouer anti-koloniale” retoriek wat mens op ander plekke ook sien. Die gevangene en sy familie gaan deur hel. Die media doen ook hulle deel – Aussie media is baie goed daarmee om dinge te dramatiseer, maar Indonesiese regeringsamptenare en politici (en die wat die toutjies trek agter die skerms) geniet ook hulle oomblikkies in die son – neem bv. selfies saam met die gevangenes en versprei op sosiale media (wie weet of hulle dalk ‘n paar $$$ maak van koerante ok in die proses?), groot militere magsvertoon wanneer gevangenes geskuif word en so-aan. Soos jy se is die twee (en van die ander 7 ook) gerehabiliteer (meeste was meer as 10 jaar in die tronk terwyl die regsproses sy gang gegaan het) en het hulle ook tot bekering gekom in die tronk. Daaroor voel ek nogal simpatie vir hulle, maar ons moet onthou “die loon van die sonde is die dood” – die dat ons almal ook doodgaan. Die Here se ons word gered wanneer ons ons bekeer, maar die gevolge van die sonde bly met ons en hulle (Chan en Sukumayran ten minste) was definitief skuldig en is terreggestel volgens Indonesiese wet wat in orde is. Probleem is egter hier was baie politiek in die spel: Soos ek gese het “anti-kolonialisme” teenoor “wit” Australie het sterk gefigureer, so-ook het Pres Joko Widodo (hy is Indonesie se nuwe prez Hendrik, Aquino is van die Filipyne – jou berig is foutief) se baas hom onlangs in die openbaar op ‘n partykongres redelik sleg uitgekryt omdat die buitelanders nog nie terreggestel is nie so hy is ook maar net ‘n swakkeling wat na iemand anders se pype moet dans. Hy moet die presidensiele begenadiging proses dryf en die mense se versoeke om begenadiging moet deur ‘n proses gaan, maar vanwee die politiek en druk van bo af is die aansoeke blykbaar nie-eers oorweeg nie, net summier afgekeur, en hulle het benadruk dat hulle ‘n soewereine land is met hulle eie regstelsel en dat die buiteland dit moet respekteer, wat natuurlik reg is. Ironies werk Indonesie egter baie hard om hulle burgers “on death row” in plekke soos Saudi Arabie los te kry en betaal selfs groot bedrae geld as afkoopboetes. Ander probleem is dat Chan en Sukumayran (en hulle 7 helpers) in Indonesie was om dwelms te koop (VAN IEMAND) en dit dan uit te voer na Australie (VIR IEMAND). “VAN IEMAND” en “VIR IEMAND” is tot vandag toe nog nie gevang nie en hulle is die partye wat die bedryf aan die gang hou. Dit is ongelukkig ook gewoonlik daardie partye wat die polisie en die sisteem korrupteer omdat hulle geld het om mense om te koop of die sisteem te beduiwel, terwyl die klein vissies voor ‘n vuurpeloton sterf. Shalom.

ig ·

Wat my verbaas is die arrogansie van die dwelmsmokkelaars want Indonesie het van die strengste wette teen dwelmhandel maar dit skrik hulle nie af nie.Nee wat nog n paar suurstof diewe minder.

HEVW ·

Ons het beslis 2 presedente Benigno Aquino, s 111 in. SA nodig om misdaad in al sy vorme onder beheer te kry. Kom bly tog asb in SA ons wil u president maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.