Indonesiese vliegtuig vermis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Indonesiese vliegtuig met 54 mense aan boord word vermis nadat daar Sondag kontak met die bemanning verloor is.

Die vliegtuig van Trigana Air Service was op pad van Jayapura in die Papua-provinsie na Oksibil, het Julius Barata, woordvoerder van die vervoerdepartement, gesê. Daar is 49 passasiers, insluitend vyf kinders, en vyf bemanningslede aan boord van die ATR42-300-vliegtuig. Die vlug was veronderstel om sowat 42 minute te duur.

Die weer was guur naby Oksibil toe kontak met die vliegtuig verloor is, enkele minute voordat die vliegtuig moes land. Dit het swaar gereën en daar was sterk winde en mis.

ʼn Vliegtuig is gestuur om na die vermiste vliegtuig te soek maar die soektog is later afgelas aangesien dit donker geword het en weens die gure weer. Die soektog sal Maandagoggend voortgaan. Groot gedeeltes van die Papua-provinsie is bedek met ondeurdringbare oerwoude en berge. Sommige vliegtuie wat in die verlede daar neergestort het, is nooit gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.