Inentings in Europa ‘onaanvaarbaar’ stadig – WGO

Argieffoto ter illustrasie. (Luca Bruno, AP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Donderdag Europa se inenting teen Covid-19 as “onaanvaarbaar stadig” bestempel en dié kontinent oor ’n skerp toename in gevalle gewaarsku.

Talle Europese lande gaan tans ’n derde virusgolf tegemoet terwyl slegs 10% van die algehele bevolking in Europa een dosis van ’n entstof ontvang het en slegs 4% albei dosisse ontvang het.

“Entstowwe bied die beste manier om uit hierdie pandemie te kom … die toediening van entstowwe is egter onaanvaarbaar stadig,” het Hans Kluge, direkteur van die WGO vir Europa, in ’n verklaring gesê.

Volgens Kluge behoort die inentingsproses versnel te word deur “die vervaardiging van dosisse te verhoog, die hindernisse in die toediening van entstowwe te verminder en elke dosis wat [Europa] in voorraad het, te gebruik”.

Data toon intussen dat Italië byna 30% minder dosisse as wat aanvanklik verwag is, ontvang het.

Kluge sê Europese lande sal inperkings en ander maatreëls moet instel om vir die vertraging in inentings te vergoed.

’n Skerp toename in Covid-19-gevalle is verlede week in die meerderheid van Europese lande aangeteken. Sowat 27 lande van die meer as 50 lande in die WGO-Europa-streek word tans gedeeltelik of in geheel ingeperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marius ·

Dis vir hulle meesters onaanvaar dat die geld vir hul entstof so stadig inkom . Dis die waarheid .

annie ·

Baie geld maak mense duidelik nie slimmer nie, maar wel slegter en slinkser. Gaan ons hierdie winter ook ‘n hewige toename ervaar en het die klimaat baie hiermee te make. Min word gesè oor die invloed. Al waarmee wetenskaplikes hul bemoei is klimaatsverandering vir grootse geldplanne.

Niné ·

Onaanvaarbaar stadig in Europe…. Wat moet ons dit hier in SA noem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.