Ingeëntes sal binnekort na VSA mag reis

(Foto: Sandy Huffaker/Getty Images/AFP)

Buitelandse reisigers wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is, sal van 8 November af die VSA kan besoek.

Amerika se grense is einde Maart verlede jaar vir reisigers van reg oor die wêreld gesluit in ’n poging om die verspreiding van die koronavirus te vertraag. Mexikane en Kanadese is ook verbied.

Ingevolge die nuwe beleid moet ingeënte lugpassasiers binne drie dae voor die reis getoets word, en moet lugdienste ’n kontakopsporingstelsel instel.

’n Bron in die Withuis het vroeër die week gesê die opening van landgrense sal in twee fases plaasvind.

Aanvanklik sal besoekers ingeënt moet wees vir “nie-noodsaaklike” reise soos besoeke aan familie of toerisme, alhoewel reisigers wat nie ingeënt is nie steeds die land sal mag binnekom vir “noodsaaklike” reise soos dit die geval die afgelope jaar en ’n half was.

Die tweede fase, wat vroeg in Januarie volgende jaar begin, sal vereis dat alle besoekers volledig ingeënt is om die VSA binne te kom, ongeag die rede vir hul reis.

Brittanje het Suid-Afrika net meer as ’n week gelede van sy rooilys verwyder. Suid-Afrikaners wat daarheen reis, sal nie meer vir dae lank in verpligte kwarantyn hoef te gaan nie.

Besoekers moet egter ingeënt wees met of Oxford AstraZeneca, Pfizer BioNTech, Moderna of Johnson & Johnson Janssen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blomme ·

Beteken dit die virus is nou iets van die verlede? Dan is die vaccines mos ń wonderkuur! So ons kan dan mos nou sonder maskers begin rondloop.

annie ·

Dis nou jammer, want ek het sopas die Russiese Sputnik-jab in Rusland ontvang. Nou sal ek seker met Jan Tuisbly se karretjie moet ry… Die VSA moet mens erken herken sowaar altyd alle mense se human rights net wanneer dit hulle pas…

Henning ·

Annie, ek het ook die Spudnik gekry en was onlangs in Ierland. Alhoewel Spudnik ook nog nie daar goedgekeur is nie, is ek deur ‘customs’ sonder dat hulle twee keer gekyk het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.