Inhuldigingsdag vir Frankryk se Macron

Emanuel Macron

Emanuel Macron. Foto: Facebook.

Emmanuel Macron word Sondag amptelik as die Franse president ingehuldig tydens ʼn seremonie by die Elysée-paleis, die presidensiële ampswoning in Parys.

Sy voorganger, Francois Hollande, sal hom in die binnehof voor honderde joernaliste verwelkom.

Die twee leiers het Sondagoggend vroeg in die presidentskantoor vergader om vir oulaas die sensitiewe kwessies wat Frankryk in die gesig staar te bespreek.

Macron neem nou beheer van ʼn land wat die enigste lid van die Europese Unie sal word met kernwapens en ʼn vaste plek in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies as Brittanje in 2019 die EU verlaat.

Hy sal later vandag ʼn toespraak lewer in die Elysée-ontvangsaal voor ongeveer 300 gaste, amptenare en familielede, onder wie sy vrou, Brigitte Macron.

Macron sal ook later Sondag met die burgemeester van Parys, Anne Hidalgo, byeenkom. Sy eerste besoek aan die buiteland sal Maandag na Duitsland wees, waar hy met die Duitse kanselier, Angela Merkel, in Berlyn sal vergader.

Die nuwe president moet binnekort sy eerste minister kies en binne die volgende paar dae ʼn regering saamstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Skatryk ·

Dankie aan die Franse kiesers wat die skatryk bankiers en beleggers in beheer hou. Staan terug middel en laeklas.

Derek ·

Wou jy eerder Le Pen met die neo-nazi’s aan bewind gehad het?

Wern ·

Om immigrasie te wil reguleer beteken beslis nie jy is new n nie. Of sal jy jou eie huis oophou vir enige iemand om by jou te kom bly, maak nie saak wat hul kriminele rekord is, hoeveel hulle is nie? Ek neem aan jy het wel n heining en deure wat sluit of sal jy onbeperkte getal haweloses in jou eie huis toelaat?

Skatryk ·

Ek is ernstig. Ons aandeelhouers doen goed. Dit is die gullable middelklas naiewes wat val vir propaganda soos dat le pen neo nazi is. Haha

John ·

… ons hoop nie die valbyl en brandstapel word weer mode nie… dis nou voor die Roomse Kerk die Franse Hugenote feitlik uitgewis het. En wat van Napoleon en sy groot drome? Hoe lyk dit met betogings in Parys vir burgerskap vir die nasate van SA-Franse van destyds? Of is die land soos Griekeland en Italie uitgelewer aan die die geite en giere van die kinders van Duitse Nazi’s wat die EU se septer swaai?

Derek ·

Lees eerder oor Frankryk en Duitsland voor jy sulke nonsens vra!! Marcon is “centrist”. ‘n Voormalige lid van Sosialistiese Party. Jou wilde stelling van “geite en giere van die kinders van Duitse Nazi’s wat die EU se swepter swaai” laat mens nogal wonder wat jy van die EU of Europese politiek weet.

jaco ·

eks aan moederskant ‘n afstammeling van die Franse Hugenote. Met bitter min moeite kan ek al die bewyse kry; selfs die name van die plase wat my voorouers in Frankryk gehad het. So nou wonder ek maar net: as allerhande mense uit vreemde nasies so maklik refugee status en verblyfreg in Frankryk kry, wat van my? Ek weet dis ‘n land met probleme en die taal is moeilik, maar daars nog steeds baie voordele: geen beurtkrag, geen waterbeperkings, geen regstellende aksie, geen plaasmoorde, geen onregverdige beskuldigings van rassisme, geen rommelstatus ekonomie, geen geldeenheid wat val nie want daars nie korrupsie, Nkandla, Guptas en ander nonsense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.