Inperking wink vir oningeëntes in Oostenryk  

Oostenrykse burgers neem hul kinders om teen die koronavirus ingeënt te word. (Foto: Joe Klamar / AFP)

Oostenrykers wat nie ingeënt is nie sal van Maandag ingeperk word ná ’n rekordtoename in nuwe Covid-19-gevalle. Dit sal die eerste keer wees dat ʼn Europese land slegs oningeënte mense inperk.

Kansellier Alexander Schallenberg het die situasie Sondag tydens ʼn nuuskonferensie as “ernstig” beskryf en sê die besluit is nie ligtelik geneem nie.

“Dis ongelukkig nodig,” het hy gesê.

Oostenryk se inperking behels dat mense wat nie teen die virus ingeënt is of kan bewys dat hulle onlangs van die virus herstel het nie, nie toegelaat sal word om hul huise te verlaat nie. Dit sluit kinders ouer as 12 jaar oud in.

Hierdie mense mag wel hul huise verlaat om noodsaaklike voorrade aan te koop, vir mediese behandeling en om te oefen. Dit is egter nie duidelik of hulle in gimnasiums toegelaat sal word nie.

Owerhede sal die inperking oor die volgende tien dae afdwing deur patrollies en lukrake inspeksies.

Diegene wat die inperkingsregulasies oortree, kan ʼn boete van 500 euro (sowat R8 700) opgelê word.

Dié wat weier om bewys te lewer dat hulle wel ingeënt is of onlangs van Covid-19 herstel het, kan egter tot drie keer soveel beboet word.

Schallenberg het in die lig hiervan opnuut ʼn beroep op landsburgers gedoen om hulself te laat inent.

Wene, Oostenryk se hoofstad, het Maandag begin om kinders tussen vyf en 11 jaar oud in te ent.

Sowat 65% van die land het al die entstof ontvang – minder as die gemiddelde 67% in die res van Europa.

Honderde mense het Sondag tydens Schallenberg se aankondig buite die kansellierskantoor saamgedrom om teen gedwonge inenting te betoog.

Die regering het Vrydag aangekondig dat inenting voortaan verpligtend vir alle gesondheidswerkers in die land sal wees.

Minstens 11 700 mense het sedert die aanvang van die pandemie weens Covid-19-verwante komplikasies in Oostenryk gesterf. Nuwe virusgevalle het Saterdag tot 13 000 geklim.

Ander Europese lande oorweeg tans ook nuwe en/of strenger inperkingsregulasies om nuwe infeksiegetalle te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

JohanR ·

Waar krap ‘n Suid Afrikaner in alle geval die grap SA rand uit, om Oostenryk of enige plek oorsee toe te gaan? Rand – Dollar 15.22, Rand – Pound 20.42, Rand – Euro 17.43.

Karel Kobus Kruger ·

Darem gelukkig nie vir ons nie. Om ons regering se regulasies te omseil, is kinderspeletjies. Dis die voordeel van die ANC, hopeloos te useless om enige wette/regulasies effektief af te dwing. Net goody two shoes mense steur hulle in hierdie geval aan die regering.

Johan ·

Om hier te bly het tog nog voordele….hammer vir die mense wat met die malheid vasgevang word.

Andre ·

65% al gespuit? Dis darrem terselfdertyd seker ‘n manier om die ongespuites te beskerm teen die gevaarlikes.

Pietertjie ·

Ek dog ingeënte mense kan nog steeds die siekte opdoen en/of die virus versprei. Hoe dan nou?

anniekiewiet ·

Ons wonder darem al hoe meer hoekom enige negatiewe berigte tov die virus se teen-inentings deur die breë media hier in SA, weerhou word.

Daniel ·

Die Afrikaanse naam vir die hoofstad van Oostenryk is Wenen en nie Vienna soos julle berig

Andre ·

Nie Vienna soos in die worsies wat voor covid almal bang gemaak het nie?

Nicolaas Hendrik ·

Dis goed so want nou gaan hul regering hulself in die voet skiet

Madeleine ·

Ons moet bid Dat hierdie nie in ons mooi land gebeur nie

Frank John ·

Ek sien sommer, getalle infeksies word weer gemanipileer sodat hulle hul wil kan afdwing. 70% en daar is kudde umunityd. Hulle op 64% . Daar behoort nie nou so baie infeksies te wees nie. Nee, Hierdie is weer manipilasie. Hulle wil almal geJab kry. Diktatorskap, Natzi-ism

Adriaan ·

Hoe gaan my inenting jou beskerm, as jou inenting jou nie beskerm nie?

Klein Karoo Loper ·

In een van die hospitale in Australie beweer die mediese personeel dat die meeste van die mense wat opgeneem word, mense is wat die vaksine reeds ontvang het. Die gemors kan nie mense inperk wat nie die vaksine wil aanvaar nie.

Andre ·

Nie soos die kundiges sê, dis wetenskaplik bewys nie. Dis persoonlike getuienis van personeel wat nie gekoop is nie. Lees.

Schalk ·

Namens ek is seker baie van die mense Koos loop speel. As jy glo aan die inent fantasties, Los die mense wat keuses en vryheid wil geniet.

Andre ·

Dit sal moeilik wees om iemand hier te kry wat eerlik is daaroor.

Astrain ·

Hey Oostenryk- julle is nie kroon wild nie!!! Die wêreld is hele mal GEK!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.