Israelse lugaanval verwoes internasionale mediakantore

Palestyne dra ‘n man weg nadat hy onder die puin van ‘n gebou in Gasa Stad gered is. Die gebou is tydens ‘n Israelse lugaanval platgevee. (Foto: MOHAMMED ABED / AFP)

ʼn Israelse lugaanval het Saterdag die gebou waarin verskeie internasionale nuusagentskappe werk, platgevee.

Die gebou, bekend as Jala Tower, was dertien verdiepings hoog en in die Gasa-strook geleë. Dit was ook die plaaslike kantoor van die Midde-Oosterse nuuskanaal Al Jazeera en die Amerikaanse nuusagentskap The Associated Press.

Maroela Media het reeds berig genadelose vuurpylaanvalle en oproer heers sedert Maandag in gemengde Joods-Arabiese dorpe. Talle is reeds in die konflik dood. Altesaam tien lede van dieselfde familie, onder wie kinders, is ook Saterdagaand dood in ʼn Israelse lugaanval.

Jawad Mehdi, die eienaar van die gebou, het aan AFP gesê ʼn Israelse intelligensiebeampte het hom meegedeel dat hy ʼn uur het om die gebou te ontruim voor die lugaanval sou plaasvind. In ʼn telefoonoproep tussen Mehdi en die beampte kan gehoor word hoe Mehdi smeek vir ʼn ekstra tien minute om joernaliste die geleentheid te gee om hul toerusting bymekaar te maak voordat hulle die gebou verlaat. Die beampte het egter geweier.

Volgens Israel het hulle die gebou geteiken aangesien militêre bates van die Hamas-terreurorganisasie hier gestoor word.

Antonio Guterres, hoof van die Verenigde Nasies (VN), het intussen sy misnoeë oor die aanval uitgespreek.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Snowball ·

Hamas bates in die mediagebou – so hulle word die skild waaragter terroriste skuil. Tipies terroris. Ons sal seker die ANC terro simpatie snotbeklag binnekort hoor.

Corné Barend ·

Die Israeli’s sal nie net sommer ‘n plek aanval as hulle nie bewyse het nie,

Werner ·

Tipies die media.Bevorder die saak van die komunis.Goed dat Israel die gebou platgeskiet het nou sal ons minder nonsens hoor.

Jack ·

Ek het toevallig net vanoggend na Al-Jazeera se webblad gaan kyk. Dis die een berig na die ander, sommige van Al-Jazeera self, and heruitsendings van ander groot TV netwerke se berigte, met die een verdoemende aanval op Israel na die ander, met etikettering van die Israelis as moordenaars wat apartheid pleeg ens ens. Ek vra toe in die kommentaar seksie maar wat van al die vuurpyle wat na Israel afgevuur word? Is daar nie twee kante aan hierdie saak nie? So word die media misbruik om wereld opinie teen mense wat eintlik die lydende party is te draai. Afrikaners weet alles daarvan, apartheid is net so wanvoorgestel.

Grassie ·

Die trant van hierdie berig laat dit klink of Israel ‘n klomp geweldenaars is wat die arme Palistyne genadeloos verwoes. Ek weet dit is nie MM se bedoeling nie maar ‘n beter gebalanseerde nuusberig sal waardeer word.

Thom ·

Doen bietjie onpartydige navorsing en kyk of jy daarna nog dink dat die Israeli’s hoog-heilig is .

Grassie ·

Thom – dankie vir jou teregwysing. Jou wysheid verstom my.

Rooikoos ·

Moenie Israel aanval met bomme nie, dan sal jy nie seerkry nie terroris.

Hydi ·

Maroela Media se joernaliste kan maar gerus probeer om nie so partydig te wees nie. Ons regering is teen Israel gekant, maar ons lesers soek graag die hele prentjie

Hydi ·

AFP is ‘n skrywer.
Kyk na die ander berigte ook met skrywers, oftewel joernaliste.

Elaine Krige ·

Francois is reg, AFP is inderdaad nie ‘n skrywer nie, maar staan vir Agence France-Presse, ‘n internasionale nuusagentskap wie se inhoud Maroela Media gebruik.

Rupert Ashford ·

Dit is weer ‘n AFP berig wat net vertaal is, en nie noodwendig MM se opinie nie. Maar ek sal ook verkies dat MM ‘n “disclaimer” aan hierdie berigte heg soos met sommige opinieskrywers om dit duidelik te maak.

Chris dupreez ·

Ons kry net media plasings van Israel wat asnval, maar niks word gesê van die palestynse terroriste wat siviele mense se plekke beset en hulle aanvalle van daaraf loods nie, en as Israel dan teen aanvalle loods op die plekke dan word dit gou gesê Israel val siviele mense aan.

earlofswirl ·

Die gebou was gebruik deur Hamas as observasie en stoor van ammunisie. Net soos waaroor die VN se skool gebou gebruik was n paar jaar terug as stoor vir missiele.

Hoekom ·

Hamas gebruik kinders, vroue en onskuldige burgers as “human shields” en dit dra die goedkeuring van liberaliste en kommuniste natuurlik.

Dit is lafhartige terroriste dade, en moet so hanteer word…

Francois Le Cochon ·

Hamas het die hele ding begin deur verlede maandag nag 210 vuurpyle na Israel te vuur. Een hiervan het n woonstelblok getref een en kind is dood. Nou speel hulle slagoffer.

earlofswirl ·

Dis waaroor die hele bohaai gaan. Israel het dit nie begin nie….Israel did not “take over Palestinian homes”. The facts of the matter are exactly the opposite.The houses in the Silwan and Sheikh Jarrah neighborhoods under discussion were built by Jews before 1948, some as early as 1845 (neighborhoods know as “Kfar HaShiloakh” and “Shimon HaTsaddik”). In 1948, when the Jordanian army conquered the area, the Jewish residents were expelled from their homes and Arab refugees from the Talbieh neighborhood in western Jerusalem replaced them as illegal squatters.After the 6-Day War, the legal owners of the homes applied to the courts for the return of their homes, but the government hoped that it might be possible to reach some kind of peace agreement, so a compromise was reached: the illegal squatters were upgraded to legal tenants (with no ownership rights), on condition that they paid the legal owners a symbolic rent equaling about 1/4 of the going rate for similar rentals in Jerusalem.

earlofswirl ·

All was well for about 25 years, until, after the Oslo Accords, the Palestinian Authority ordered the residents not to pay the monthly rent (in about 1995). Since then, the appeals have gone from each court to the next highest, with delays, for the next 25 years, due to the political sensitivity of evicting Arabs from homes they considered theirs. It’s even possible that the present generation of tenants don’t even know that the homes were never the property of their parents or grandparents, but in the eyes of the law, that’s immaterial.The fact is that delinquent tenants get evicted from their rented homes, all over the world. In protesting violently, the Arabs involved and their supporters are denying the rule of law.What is, and should remain, a simple dispute between landlords and tenants has become an international incident because too many people are far too intellectually lazy to do any homework before shouting their opinions with an open mouth and a closed mind.

earlofswirl ·

Toe die Israelse Kabinet voorgestel het om die Arab families uit te sit en die huise terug te besorg aan die families aan wie dit behoort, het hulle begin protes en die al aqsa moskee binnegestorm en klippe en molotov cocktails gegooi. Hamas het sommer voortou geneem en missiele op Israel gekiet.

Rian ·

Jou insig is verbysterend.. . Jy weet natuurlik dieselfde wag op die blankes hier. Dat jy sulke snert ondersteun gaan my verstand te bowe.

earlofswirl ·

Snert…Jy weet nie waarvan jy praat nie! Ek bly hier….was jy al ooit in Israel????

earlofswirl ·

Mooi dat jy so afgelei het, kry jou feite reg voordat jy sulk snert kwytraak! Lekker dag Rian!

earlofswirl ·

Israel did not “take over Palestinian homes”. The facts of the matter are exactly the opposite.The houses in the Silwan and Sheikh Jarrah neighborhoods under discussion were built by Jews before 1948, some as early as 1845 (neighborhoods know as “Kfar HaShiloakh” and “Shimon HaTsaddik”). In 1948, when the Jordanian army conquered the area, the Jewish residents were expelled from their homes and Arab refugees from the Talbieh neighborhood in western Jerusalem replaced them as illegal squatters.After the 6-Day War, the legal owners of the homes applied to the courts for the return of their homes, but the government hoped that it might be possible to reach some kind of peace agreement, so a compromise was reached: the illegal squatters were upgraded to legal tenants (with no ownership rights), on condition that they paid the legal owners a symbolic rent equaling about 1/4 of the going rate for similar rentals in Jerusalem

Dries ·

Die media is so sieklik partydig. Hulle rapporteer almal net oor die Palestyne se verliese. Hulle praat ook net met pro-palestina aktiviste. Hulle swyg oor al die duisende missiele wat van Gasa na Israel gevuur word. Hulle swyg oor die feit dat Hamas hierdie hele oorlog begin het. Die feit dat onskuldige publiek en kinders sterf word voor die Israelis se deur gele. Die duiwel is los. Komunisme is absoluut besig om die wereld oor te neem. So gaan dit hier in SA ook. Boere word vermoor en as hulle een gemors doodskiet dan is hulle skuldig. Moet net nie jouself beskerm nie

Boerkind ·

God se Woord in vervulling! Israel is Sy oogappel en Jerusalem Sy stad. Die uiteinde is aan die kind van die Here welbekend….

MakersMark ·

Terrostiste deur en deur. Van hul hoofkwartiere is selfs onder kleuterskole gebou. Absolute lafaards. Maar Israel sal nie met hul laat mors nie en die palestyne leer ook nie. As Israel terugslaan kerm hul alewig by die VN ens. Sien lokale terroriste organisasie sê solank die stryd in die middelooste voortduur is hul “met die palestyne”. Wat kan ons verwag – selfde kultuur.

Michael ·

Maroela Media hoef nie die regering na te volg en nie net Isrealies die sondebok te maak nie. Die Palestyne is die sondebok (ook).. lewer bietjie meer gebalanseerde nuus en vertel meer van die Palestynse teruer….

JohanR ·

Oor die 1000 vuurpyle al op Israel geloots. Wat moet Israel doen? Net terug sit en laat hulle burgers afgemaai word? Hamas is ‘n klomp lafaards. Hulle steek hulself weg tussen die bevolking. En Israel gee ‘n dinges om wat die ANC regering van hulle dink en se! Dink net as Israel DIE land in die laaste 27 jaar bewerk het, hoe hy in 2021 sou lyk. Hulle het nou soe baie water in Israel dat hulle nou water aan hulle bure voorsien. En dit uit ‘n land wat amper net woestyn is.

Jacobus ·

‘n Mens moet besef dat Israel altyd gebruik maak van goeie intellegensie (nie IK soort nie). James en al hul ondersteuners is berug daarvoor dat hulle menslike skilde gebruik. Hoewel geen lewensverlies aanvaarbaar is nie moet ‘n jy ook weet dat Israel se geduld is tot uiterste beproef is.

earlofswirl ·

Meer as 2200 missiele is afgevuur tussen 10-15 Mei 2021 deur Hamas na Israel, Ashdod, Ashkelon, Jerusalem, Tel Aviv, Beersheba, en naby buurte waar dig bevolkte Israeli burgers woon.Waarvan die meeste deur die Iron Dome van Israel onderskep is. ‘n Derde van hierdie missiele vanaf Gaza het in Gaza self of in ongebruikbare grond geval. 11 Israelse burgers is dood.

Bella ·

So hoeveel Israelis is al oorlede met d meer as 1000 “rockets” wat al afgevuur is deur d Palestyne? D Palestyne is nie onskuldig nie.

Jack ·

Dis die ou ou storie. Die probleme het begin toe Israel terug geslaan het.

JM ·

Té wonderlik: Israel mag aangeval word, maar word die vark in die verhaal as hy homself verdedig!

JM ·

Israel is God se volk en Hy sal hulle beskerm. Ek glo dat die profesie in Sagaria 12 en 14 besig is om in vervulling te gaan.

James ·

Fantasties. Die Israeli’s besef dat hul groottste vennoot, VSA, nou nie meer omgee nie en geld stuur vir die Palestyne en Iran. (Clueless Joe) Mag daar ‘n Mosh Dayan in jul geledere wees. Dis nou of nooit vir Israel. Joe en trawante, gaanjhulle net verder “drop” oor die volgende 3,5 jaar. Slaan nou – wyl julle nog die militere kapitaal het, en slaan HARD en FINAAL. Anders, gaan julle uitgelewer word aan die Arabiere reg rondom julle. Gooi NOU ‘n sesdag oorlog, of vergaan. Die VSA demokrate gaan nie later help nie. ( En om Vadersnaam – hou op sanik oor die verlies van lewe onder Palestynse burgerlikes. Hulle bring dit oor hulself)

James ·

Ek is MAL oor afduimpies. Dit bevestig my teorie dat die meesste mense geen benul het oor hoe die wereld RERIG werk nie.

James ·

Wat betref Israel: Mag ons nooit vergeet dat in die tyd waar ons alleen moes staan teen die bedreiging van kommunisme in SWA en Angola, teen Kubane en Oos Duitsers, met Russiese wapentuig, MIG 21’s, daai Rooi Oog missiele wat SKREEU oor die basis wyl jy grondgrawe en bid – asook die Russiese landmyne, en Limpetmyne in ons dorpe – te midde van sanksies deur die Liberaal-onnosele Europa en Amerika – het die Israeli’s vir ons die “Galil” gegee. Bloudruk. Julle ken hom vandag as die R4, en R5. Jy sien – die Israeli’s het TOE al verstaan. Die enigste verskil: Hulle is nie slaplywe nie.

James ·

Ek sou graag ‘n meningstuk wou lees deur die eerbare Dr. Leopoldt Scholtz oor die verwikkelinge in die Nabye Ooste, noudat die haatlike Trump al 5 maande weg is? Ek is seker hy sal die geleentheid wil aangryp, om te kom verduidelik? Ek rig ‘n uitnodiging aan hom: “Doktor, met U insig van militere geskiedenis – kom verduidelik vir ons hoe daar vir 4 jaar vrede daar was, en nou binne 120 dae ‘n dreigende streeksoorlog? Ek sal graag U insigte lees.” Leer my. Ek wil graag verstaan.

Thom ·

Hou tog net op om aan trompie allerlei suksesse toe tedig wat gewoon nie waar is nie ! Die konflik tussen Hamas en Israel kom al dekades lank , voor trompie , gedurende trompie se twiets en sal nog lank na trompie se ego-trips nog aangaan .

Vrijburger ·

Ek sekondeer!
As dit gebeur, en ek se as, sal die eerste gedeelte van die artikel daaroor gaan oor hoe objektief hy homself as joernalis en historikus sien. LMGA.

James ·

Daar is iets wat mense nie besef nie: As ‘n drukkoker oplaai, en aanhou oplaai, omdat almal verdraagsaam wil wees – kry jy ‘n situasie soos tans afspeel in en rondom Israel. In Lod, val bure mekaar nou aan. BURE. Palestyne, en Israeli’s. BURE.

Wanneer gaan julle leer? GOEIE GRENSE, MAAK GOEIE BURE. Daar bestaan nie iets soos multi-kulturalisme nie. Dis ‘n resep vir bloedvergieting. Amerika begin dit nou leer – Israel weet dit al sedert 1947 – en ons beurt: Om die draai.

GRENSE.

James ·

Laasste opmerking vandag: ” Antonio Guterres, hoof van die Verenigde Nasies het intussen sy misnooe oor die aanval uitgespreek.”

Dankie, Antonio. Ons neem kennis. Ons hoop jy voel beter. Dra ook ons medelye oor aan jou kollegas daar in Brussels. Ek is geskok deur jul trauma.
Vat warm melkies, met 25ml Whiskey, en krul op in jou ‘bersie. More skyn die son weer oor Brussels. Okay?

Estelle ·

Dit is baie jammer dat hierdie berig, soos tv nuus en ander berigte, Israel as die aggressor uitbeeld terwyl Israel aangeval is in die eerste plek. Nuus berigte wemel van bevange en beseerde vrouens en kinders van Palestinia wat die beeld van Israel as die aggressor verder bevestig. Liewe genade, Israel is aangeval te midde van ‘n Christelike byeenkoms en daar was niks oor gesê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.