Internasionale Ruimtestasie “moet Nobel-vredesprys kry”

Internasionale ruimtestasie

Internasionale ruimtestasie

Hoewel tong-in-die-kies gesê, steek daar heelwat simboliese werklikheid in die opmerking van Nasa se hoof, Charles Bolden, dat die Internasionale Ruimtestasie (IRS) die Nobelprys vir Vrede moet kry.

Terwyl die verhoudinge op aarde tussen Rusland en die VSA ‘n laagtepunt bereik het, gaan dinge tussen die twee lande in die ruimte nog klopdisselboom. Die VSA is sedert die onttrekking van sy pendeltuie van Rusland met sy welbeleë Sojoes-tuie afhanklik om bemanningslede na en van die IRS te kry. ‘n Nuwe bemanning van twee Russe en ‘n Amerikaner is Woensdagoggend na die IRS gelanseer. Die VSA betaal Rusland $71 miljoen vir die kaartjie.

Die nuwe bemanningslede, Steve Swanson en die Russe Alexander Skvortsov en Oleg Artemyev, sal ses maande in die IRS deurbring. Maar soos op aarde het alles in die ruimte ook nie heeltemal klopdisselboom gegaan nie. Die reis sou teen ‘n rekordtyd van net ses uur afgehandel wees, maar na opstyging was daar enjinprobleme. Die bemanning sal nou eers Donderdag by die IRS aankom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.