Internet gons oor Meghan se modeflater

Die hertogin en hertog van Sussex kom aan op die eiland Tonga, maar sy het duidelik iets belangriks vergeet. Foto: Twitter

Die hertogin van Sussex het die eerste nege dae van haar en prins Harry se eerste amptelike toer as getroude paartjie haar beste voetjie voorgesit – tot sy Donderdag ʼn modefoutjie begaan het waaroor mense wêreldwyd gons.

Meghan, die gewese aktrise van Suits-faam, het Donderdag soos gewoonlik pragtig gelyk, dié keer in ʼn bloedrooi rok van die modehuis Self-Portrait, waar sy en haar man op die tiende dag van hul ampsbesoek aan Australasië op die eiland Tonga aangekom het nadat hulle Fidji besoek het.

Tot toeskouers se groot verbasing het die pryskaartjie van haar treffende rok nog daaraan gehang met die prys, £345 (sowat R6 500), duidelik sigbaar.

Sommige modewaarnemers verkwalik haar personeel van nalatigheid, maar ander glo die hertogin lyk altyd goed, selfs wanneer sy óf haar stilis vergeet om die pryskaartjie van haar klere te verwyder, berig News18.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Sê maar net ·

Ag, siestog, sy moet seker elke dag nou vir haar nuwe goed koop, wie kan nou byhou. Maar nou ja, mens was mos eers die klere of hoe?

SoosDitIs ·

Ja nee ek is ook geleer om die klere eers te was voor ek dit aantrek. Maar ek verstaan hulle is so gedruk vir tyd dat die nie altyd moontlik is vir haar nie.

Ouma ·

Vroeër jare toe ons nog hoede kerk toe gedra het, het jy menige prys kaartjies by die hoed sien uitglip. Was op appro. Maandag terug in die winkel. Dit is alles behalwe ‘n modeglips. As my kaartjie uithang en die size is “small”, dra ek dit enige tyd!

Snowball ·

Ag aarde tog! ‘n Kataklisme in teekoppie! Dis tog net ‘n menslike glips! Die mensdom het potsierlik oppervlakkig geword.

waarheid ·

Asof dit nou nuuswaardig is – ai is daar nie anders om oor te skryf nie?
Daar moet belangrikes nuus as dit wees – ek is seker.

Leeutjie ·

Gedag ek is die enigste een wat so voel. Waaroor die bohaai??? Wil die media nou n 2de Diana skep??

Ander Annie ·

Sy bly pragtig, kaartjie of te nie. Sy is mos ‘n mens. Dit het jy ookal oorgekom.

Miskien ·

Dalk ja, maar ongelukkig was myne se prys nie R6500, meer van ‘n Pep uitverkopings kledingstuk…:-)

Cora Simpson ·

Ek sal ook wys as ek so n duur rok kan aantrek. “It Pays to advertise”

Pierre ·

In die ou dae kon ons klere op sig (“appro”) neem by die winkels, tuis gaan aanpas en dan die volgende dag of twee dae later terug neem. Moontlik is die nommertjie op “appro”. Alternatiewelik, soos so baie celebrities word haar klere verskaf met die doel dat die naam van die Huis wat gedra word, gemeld word. Na afloop van die toer word dit terugbesorg. Baie van ons celebrities word so aangetrek vir groot geleenthede. Hulle dra buitendien die kleingstuk slegs een keer.

Alida ·

As jy styl het kan PEP net so mooi lyk. Die pryskaartjie is rerig nie nuuswaardig nie. Menslike fout oeps.

Bloudrom ·

Dis darem n verskriklike ding wat die arme vrou oorgekom het. Ai ai ai. Wens n mens kon die tyd terugdraai.

Ben ·

Sy lyk nog die beste van al 3. Kaartjie of te nie. Kyk hoe lyk daai vaal muis en sak patat wat langs en agter haar loop! Hulle is eers modeflaters!

Jozi ·

Die arme vrou… dat die media nou so opgewerk kan raak oor iets wat baie van ons al oorgekom het.
Menslike fout, hectic skedule, baie op hul program.
Sy lyk altyd pragtig. Hoop nie sy is oor die vingers getik nie.

Frik ·

Nou het ek alles gesien,
Pleks maak hulle so geraas oor ons plaas aanvalle.

Waaroor die Harry ·

Sou eerder sê die prins moet sy baart bietjie trim.?

T ·

Mapstieks, WAS niemand dan haar klere vir haar voor die belangrike vrou dit aantrek nie??? Al is dit ‘n bekende handelshuis en sy moet dit terug gee, siesa

Laurika ·

Ek het nou net dieselfde ding gesit en dink! So baie mense hanteer daai rok voor jy hom kry, natuurlik was jy ‘n ding voor jy hom aantrek.

Landi ·

Hahaha ag siestog, dit het al baie meer as een keer met my gebeur. Gelukkig lag ons altyd daaroor. Sy is mos swanger, en dis blykbaar algemeen om so bietjie vergeetagtig te wees. Dis niks, hoop nie sy voel sleg nie, shame.

Sussie ·

Ai…..net n menslike fout en kan enige een oorkom. Sy moes sekerlik heel onbewus hiervan geweet het. Jaa, koning klomp altyd onder vergrootglas.

..

Thys ·

Julle is ook maar net so agter sensasie aan soos die ander media

marius ·

Dit sal gaaf wees as daar net 2 dae verby kan gaan sonder om iets van die 2 op Maroela te sien…

Hannes ·

Hoe is dit nou ‘n modeflater? Is dit modieus om die prysetiket af te haal maar ‘n modeflater om dit te vergeet? Is ‘n modeflater nie waneer iets aangetrek of deel gemaak van ‘n uitrusting wat nie nie pas nie of uit die mode is nie?

honourable member ·

Ag daai ou foutjie het ons almal al oorgekom. Die arme vrou kan ook nie n voet verkeerd sit nie.

Nickey Jooste ·

Los die arme vrou sy is ook maar net mens wat foute maak. Megan jy is pragtig

Elize ·

nee wat ek kan ook nie dink hoekom hulle sê dis ‘n modeflater nie. Net ‘n glipsie.

Lewies ·

Ai tog…..ek is nou al so moeg om van die mense te hoor. Ek glo nie iemand stel belang in wat hulle doen nie. As hulle toilet toe gaan dan stink dit ook maar net soos ons gewone mense.

Anoniem ·

Dit het my ook al oorgekom. Nou nie met so duur item nie, maar die verleentheid is seker universeel.

Soos iemand tereg opgemerk het: sy is net ‘n mens soos almal van ons. Beslis het die meetsnoere vir haar in lieflike plekke geval maar die dingetjies gebeur maar om mens se voete plat op die aarde te hou. Hulle sal nog lekker lag daaroor in die toekoms.

Judge Dredd ·

Kyk hoe beskerm die lesers die prinses – lyk my hulle mis ‘n “queen” om oor hulle te regeer.

E.K. die eerste aan Judge Dredd ·

Sy is nie ‘n prinses maar hertogin

uitkyk ·

Hoe eienaardig dat ons nie mag lees van Hannah Cornelius wat omtrent elke dag voorbladnuus is op buitelanse koerante. Die etiket van ‘n rok wat in die wind wapper is blykbaar meer nuuswaardig. Die mensdom se waardes is deesdae wind verstrooid om dit saggies uit te druk.

VanAfrika ·

Ag ek het al price tag op my spyker hakke se sole gelos, tot almal se vermaak, my gevra is dit hoeveel ek werd is. Moet die stukkie karton nou regtig so n flater wees???

Ilze du Toit ·

Het iemand haar darem daarop gewys dat sy die prys etiket saamsleep

Michelle ·

Dis in elk geval nie haar mode flater nie.
Dis die mense wat haar aantrek.
Sy het bitter min se in die hele gedoente.

Ongelukkig dit net nie self raakgesien nie.
Shame.
Soveel dinge.

Arizona ·

Al my klere kom van PEP of Ackermans. Jy kan my deur n ring trek. Een ding is seker niemand by die werk dra dieselfde name brand as ek nie en hulle dink my kleere kom van n boutique. Lol

Pryskaartjie ·

Jy het nie ‘n stilis nodig om jou pryskaartjie van jou rok af te haal nie. Jy kan dit mos self doen, of hoe?

leser ·

as ek so na die prentjie kyk, waai die wind ietwat, daardie “etiket” wat julle sien, is n stuk papier wat deur die wind opgewaai is, en net die regte tyd daar vir die fotograaf was

Elsabe ·

Sy sal nooit Diana se skoene kan volstaan nie al probeer sy hoe hard. Kate het meer styl elk geval as sy.

Jax ·

Los die arme mens uit! Wat sy aan het of nie aan het nie, het niks uit te waai met iemand anders nie! Hierdie media-jagtog kan nou maar stop! Elke mens is uniek – ek dink regtig nie dat Kate of Magan Met mekaar kompeteer nie. Genadiglik is hulle volwasse genoeg om net hulself te wees! Twee merkwaardige vroue wat n groot rol het om te vervul.

Ano ·

Ai tog, asof daardie ou pryskaartjie ‘n verskil aan enigiemand se saligheid gaan maak! As mense minder bekommerd is oor ander se doen en late sal die hele wereld sommer ‘n beter plek wees, of hoe? Maak nie saak wat en wie jy dink jy is nie, ons is uiteindelik tog almal dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.